Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

BRICS

From Wikipedia (Af) - Reading time: 8 min

Die lidlande van die BRICS en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade.
BRICS-lande
BRICS-lande
Vlag van Brasilië Brasilië (Federale Republiek Brasilië)
President: Luiz Inácio Lula da Silva
Vlag van Rusland Rusland (Russiese Federasie)
President: Wladimir Poetin
Eerste minister: Michail Misjoestin
Vlag van Indië Indië (Republiek Indië)
President: Droupadi Murmu
Eerste minister: Narendra Modi
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
President: Xi Jinping
Eerste Minister: Li Qiang
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika)
President: Cyril Ramaphosa
Vlag van Egipte Egipte (Arabiese Republiek Egipte)
President: Abdel Fattah el-Sisi
Eerste minister: Moustafa Madbouly
Vlag van Ethiopië Ethiopië (Federale Demokratiese Republiek Ethiopië)
President: Sahle-Work Zewde
Eerste minister: Abiy Ahmed
Vlag van Iran Iran (Islamitiese Republiek Iran)
Opperleier: Ali Khamenei
President: Ebrahim Raisi
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
President: Mohamed bin Zayed Al Nahyan
Eerste minister: Mohammed bin Rashid Al Maktoum

BRICS is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit nege ontluikende markte, hulle is Brasilië, Rusland, Indië, die Volksrepubliek China, Suid-Afrika (die oorspronklike lidlande waarvan dié akroniem ontleen is), Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate. Oorspronklik is die vier eersgenoemde lande as BRIC gegroepeer, met die aansluiting van Suid-Afrika in 2010. Al vyf BRICS-lande behoort tot die voorste nuut geïndustrialiseerde lande en is lidlande van die Groep van 20.

Samestelling

[wysig | wysig bron]

Die term "BRIC" is oorspronklik deur die Amerikaanse Beleggingsbank- en sekuriteitsverhandelingsmaatskappy Goldman Sachs omtrent einde 2001 vir die groot opkomende markte met 'n jaarlikse ekonomiese groei tussen vyf en tien persent, naamlik Brasilië, Rusland, Indië en die Volksrepubliek China, gebruik.[1] Sedert 2009 vergader die vier lande jaarliks vir ekonomiese en politieke ooreenkomste,[2] sedert 2010 is Suid-Afrika 'n volle lid van die BRICS.[3]

Die BRICS is weens hul groeiende ekonomie, groot bevolkings, groot oppervlaktes en ryk hulpbronne baie belangrik vir die wêreldekonomie. Rusland is met 'n oppervlakte van 17 098 246 km² by verre die grootste land ter wêreld, die Volksrepubliek China is met 'n bevolking van 1 403 500 365 in 2016 die wêreld se mees bevolkte land, gevolg deur Indië se 1 324 171 354 in 2016. Brasilië is volgens oppervlakte sowel bevolking die wêreld se vyfde grootste land.

Die vyf BRICS-lande vorm die leidende lande in hul streke: Brasilië in Latyns- en Suid-Amerika, Rusland in Oos-Europa en Noord-Asië, Indië in Suid-Asië, die Volksrepubliek China in Oos-Asië en Suid-Afrika in Afrika.

Doelwitte en ekonomiese agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die doelwitte van die BRICS-lande sluit in die wedersydse ondersteuning in ekonomiese en politiese kwessies asook die oprigting van eie internasionale instellings vir wedersydse beleggings, soos die Nuwe Ontwikkelingsbank.

Sedert die middel-2010's word die ekonomieë van die vyf BRICS-lede deur krisisse en dalende groei gekenmerk. As gevolg van die Krim-anneksasie deur Rusland is die Russiese ekonomie deur die Europese Unie en die Verenigde State aan sanksies onderwerp. Brasilië en Suid-Afrika moet met wydverspreide korrupsie en min ekonomiese groei veg. Net die Volksrepubliek China en Indië toon sedert baie jare 'n konstante ekonomiese groei van meer as vyf persent per jaar.

Uitbreiding met vyf nuwe lede

[wysig | wysig bron]
BRICS-leiers op 24 Augustus tydens aankondiging van die uitbreiding

Op 24 Augustus 2023, tydens die 15de BRICS-beraad, het die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa aangekondig dat Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate deur die huidige lede genooi is om by die blok aan te sluit.[4] Volle lidmaatskap het op 1 Januarie 2024 in werking tree.[5]

Die doel van hierdie uitbreiding word voorgehou as deel van die plan om 'n "multipolêre" wêreldorde te bou wat gewig gee aan tot dusver gedempte stemme van die Globale Suide en hulle na die sentrum van die wêreldagenda te bring.[6] Op 30 Desember 2023 het die nuwe Argentynse regering egter aan dié land se aansoekproses onttrek en die uitnodiging vir aansluiting van die hand gewys.[7] Saoedi-Arabië het ook nie op 1 Januarie 2024 amptelik by BRICS aangesluit nie.[8]

Spitsberade

[wysig | wysig bron]
No. Datum(s) Gasland Gasheer Plek Notas
1ste 16 Junie 2009 Vlag van Rusland Rusland Dmitri Medwedef Jekaterinburg
2de 15 April 2010 Vlag van Brasilië Brasilië Luiz Inácio Lula da Silva Brasília Gaste: Jacob Zuma (President van Suid-Afrika) en Riyad al-Maliki (Palestina se Minister van Buitelandse Sake)
3de 14 April 2011 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Hu Jintao Sanya Eerste spitsberaad met Suid-Afrika ingesluit by die oorspronklike BRIC-lande.
4de 29 Maart 2012 Vlag van Indië Indië Manmohan Singh Nieu-Delhi Die BRICS-kabel kondig 'n optiese vesel ondersese kommunikasiekabel-stelsel vir telekommunikasie tussen die BRICS-lande aan.
5de 26–27 Maart 2013 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Jacob Zuma Durban
6de 14–17 Julie 2014 Vlag van Brasilië Brasilië Dilma Rousseff Fortaleza[9]
Brasília
Ooreenkomste vir die Nuwe Ontwikkelingsbank en die Voorwaardelike Reserweraad onderteken.
Gaste: Leiers van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR)[10][11]
7de 8–9 Julie 2015 Vlag van Rusland Rusland Wladimir Poetin Oefa[12] Gemeenskaplike beraad met SCO-EEU
8ste 15–16 Oktober 2016 Vlag van Indië Indië Narendra Modi Benaulim Gemeenskaplike beraad met BIMSTEC
9de 3–5 September 2017 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Xi Jinping Xiamen Gemeenskaplike beraad met EMDCD
10de 3–5 September 2018 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Cyril Ramaphosa Johannesburg
11de 13–14 November 2019 Vlag van Brasilië Brasilië Luiz Inácio Lula da Silva Brasília
12de 17 November 2020 Vlag van Rusland Rusland Wladimir Poetin Sint Petersburg Videokonferensie
13de 9 September 2021 Vlag van Indië Indië Narendra Modi Nieu-Delhi Videokonferensie
14de 23 Junie 2022 Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Xi Jinping Beijing Videokonferensie
15de 22–24 Augustus 2023 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Cyril Ramaphosa Johannesburg Ses lande, naamlik Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate word genooi om in Januarie 2024 ook lede van BRICS te word. Op 29 Desember 2023 het die regering van Argentinië 'n brief aan alle BRICS-leiers gestuur waarin hulle die uitnodiging om by die blok aan te sluit amptelik van die hand gewys het.[13] Saoedi-Arabië het nog nie sy aanvaarding van lidmaatskap bevestig nie.[14]
16de 22–24 Oktober 2024 Vlag van Rusland Rusland Wladimir Poetin Kazan [15]

Potensiele kandidate vir toekomstige lidmaatskap

[wysig | wysig bron]

Die volgende lande het óf belangstelling uitgespreek om by BRICS aan te sluit óf het reeds aansoek gedoen om lidmaatskap:

Afrika

Amerikas

Asië

Europa

1 - Amptelik aansoek gedoen om lidmaatskap
2 - Amptelik genooi om as lidstaat aan te sluit, maar moet nog 'n formele besluit neem
3 Amptelik genooi om as vennootstaat aan te sluit [63]

Hedendaagse BRICS-leiers

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Jim O' Neill (2001). "Building Better Global Economic BRICs". Goldman Sachs. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2016. Besoek op 11 Julie 2016.
  2. (en) "First summit for emerging giants". BBC. 16 Junie 2009. Besoek op 6 September 2024.
  3. (en) Antonio Graceffo (21 Januarie 2011). "BRIC Becomes BRICS: Changes on the Geopolitical Chessboard". Foreign Policy Journal. Besoek op 6 September 2024.
  4. (en) Sharma Shweta (24 Augustus 2023). "BRICS Countries Agree Historic Expansion as Six New Countries Invited to Join". The Independent. Besoek op 6 September 2024.
  5. "BRICS To Admit Six New Members Next Year". Barrons. 24 Augustus 2023. Besoek op 6 September 2024.
  6. (en) "Saudi Arabia, Iran among six nations invited to join BRICS". Al Jazeera. 24 Augustus 2023. Besoek op 6 September 2024.
  7. (en) "Argentina Won't Join the BRICS Bloc Under Milei, Adviser Says". Bloomberg. 30 November 2023. Besoek op 6 September 2024.
  8. (en) "Saudi Arabia has not yet joined BRICS – Saudi official source". Reuters. 1 Februarie 2024. Besoek op 30 November 2023.
  9. (pt) "A Cúpula de Durban e o futuro dos BRICS". Post-Western World. 4 Julie 2013. Besoek op 30 Desember 2017.
  10. (es) "Los líderes del BRICS, Unasur, Cuba, México y Costa Rica se citan en Brasilia". LaVanguardia.com. LaVanguardia. 15 Julie 2014. Besoek op 6 September 2024.
  11. (en) "BRICS summit: PM Modi to leave for Brazil tomorrow, will seek reforms". Hindustan Times. 13 Julie 2014. Besoek op 6 September 2024.
  12. (en) "Ufa to host SCO and BRICS summits in 2015". UfaCity.info. 9 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2017. Besoek op 30 Desember 2017.
  13. "El gobierno de Javier Milei oficializó que la Argentina no entrará a los Brics". La Nación (in Spaans). 29 Desember 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2023. Besoek op 29 Desember 2023.
  14. "Saudi Arabia has not yet joined BRICS - Saudi official source". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2024. Besoek op 8 Februarie 2024.
  15. Korostovtseva, Yekaterina (5 Maart 2024). Юрий Ушаков: БРИКС на деле выражает интересы мирового большинства [Yuriy Ushakov: BRICS expresses the interests of the world majority in practice]. TASS (in Russies). Besoek op 18 April 2024. «Главным событием российского председательства, разумеется, станет саммит БРИКС в Казани 22–24 октября». [The main event of Russia's chairmanship will, of course, be the October 22–24 BRICS summit in Kazan.]
  16. "Angola: Foreign minister warns of challenges to join BRICS". Junie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2023. Besoek op 6 Julie 2023.
  17. "Burkina Faso's PM lobbies for country's membership in BRICS". September 2024.
  18. "Cameroon Applies to Join BRICS Economic Bloc". April 2024.
  19. "Central Africa: We want to join BRICS". Desember 2023.
  20. "Congo keen on joining BRICS: President". Junie 2024.
  21. "Central African country seeks BRICS membership". Augustus 2023.
  22. "Equatorial Guinea counts on Russia's support for its BRICS accession bid — president". September 2024.
  23. "Akufo-Addo exploring feasibility of Ghana joining BRICS". Augustus 2023.
  24. "Economy Minister: Libya Ready to Join BRICS". 11 Julie 2024.
  25. "Mali Expresses Interest in Joining BRICS Soon". Oktober 2024.
  26. "Nigeria intends to join BRICS with or without pressure from the West". Maart 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2024.
  27. "Senegal wants to integrate the Brics". Augustus 2023.
  28. "Envoy highlights South Sudan's interest in joining BRICS". November 2023.
  29. "Deputy Minister of Finance: Sudan Intends to Join the BRICS Group". Augustus 2015.
  30. "Tunisia Plans to Join BRICS Nations". April 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2024.
  31. "BRICS is a Breath of Fresh Air for Africa - Museveni". Augustus 2023.
  32. "Zimbabwe Expresses Readiness to Join BRICS Alliance". Junie 2024.
  33. "BRICS is the future, Bolivian FM says". Augustus 2023.
  34. "Colombia Intends to Join BRICS as Soon as Possible". April 2024.
  35. "Cuban Government Shows Interest in Joining BRICS". Junie 2024.
  36. "El Salvador could apply to accept them into BRICS". Julie 2024.
  37. "Nicaragua in Negotiations to Join BRICS". Junie 2024.
  38. "Peru & China Discuss Economic Cooperation, BRICS". Junie 2024.
  39. "Venezuela renews its desire to join BRICS". Junie 2024.
  40. "Afghanistan And The Potential For BRICS Membership". Junie 2023.
  41. Agayev, Zulfugar (20 Augustus 2024). "Azerbaijan Formally Applies to Join BRICS, Foreign Ministry Says". Daily Sabah. Besoek op 20 Augustus 2024.
  42. "Delegated by HRH the Crown Prince and Prime Minister, Foreign Minister attends BRICS Summit". Bahrain News Agency. 24 Augustus 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2024. Besoek op 30 Januarie 2024.
  43. "Bangladesh seeks India's support to join BRICS under any format: Hasan". Junie 2024.
  44. "How BRICS Was Expanded: The Inside Story of Twists and Turns". September 2023.
  45. "Al-Sudani: Iraq hopes to join the BRICS group". Oktober 2023.
  46. Omirgazy, Dana (5 Junie 2023). "Kazakhstan Seeks to Join BRICS and Enhance Trade and Economic Cooperation". Astana Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2023. Besoek op 4 Julie 2023.
  47. "South Africa: 8 Arab countries request to join BRICS". Augustus 2023.
  48. "Laos Intends to Join BRICS". Desember 2023.
  49. "Malaysia applies to join BRICS, boost ties with Russia". The Star (in Engels). Besoek op 30 Julie 2024.
  50. Irrawaddy, The (6 September 2023). "Myanmar Junta Eyeing BRICS Membership as Sanctions Bite". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2023. Besoek op 16 September 2023.
  51. Ngcofe, Khaka. "North Korea Signals to Join BRICS". BRICS Global Television Network (in Engels). Besoek op 23 Oktober 2024.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  52. Hussain, Abid. "Pakistan seeks BRICS membership, despite India roadblock". Al Jazeera (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2024. Besoek op 10 Januarie 2024.
  53. "Is BRICS really the lifeline Palestine needs?". Augustus 2023.
  54. "Saudi Arabia not yet responded to BRICS invitation, Saudi official source says". Januarie 2024.
  55. "Sri Lanka joins list of countries eyeing BRICS membership this year". Mei 2024.
  56. "Syria applied for BRICS membership, country's ambassador to Russia says". Oktober 2024.
  57. "Cabinet approves Brics membership bid". Mei 2024.
  58. "Vietnam Explores Possibility of BRICS Membership". April 2024.
  59. "The Yemen–Russia riddle". Julie 2024.
  60. Liffey, Kevin (25 Julie 2023). MacSwan, Angus (red.). "Belarus says it has applied to join BRICS club, RIA reports". Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2023. Besoek op 26 Julie 2023.
  61. "Serbia views BRICS membership as alternative to EU — deputy PM". Oktober 2024.
  62. "Türkiye applies for BRICS membership in push for new alliances". September 2024.
  63. "BRICS approves Cuba, Bolivia, and 11 other countries as 'partner states'". Oktober 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/BRICS
15 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF