From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| Bajezid II | |
|---|---|
| Sultan van die Ottomaanse Ryk | |
| Volle naam | Sultan Bajezid II |
| Ottomaanse naam | بايزيد ثانى |
| Tydperk | 1481–1512 |
| Stadium | Groei van die Ottomaanse Ryk |
| Huis | Osman |
| Voorganger | Mehmet II |
| Opvolger | Selim I |
| Toegra | |
Bajezid II (Turks: II.Bayezid; Ottomaanse Turks: بايزيد ثانى; Desember 1447 – 26 Mei 1512), was van 1481 tot 1512 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die oudste seun en opvolger van Mehmet II.[1] Hy het die Ottomaanse Ryk versterk en net voor sy abdikasie ’n Persiese rebellie afgeweer. Hy is deur sy seun Selim I opgevolg.