Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Bas

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Die bas van 'n boom.

Bas is die buitenste omhulsel van die takke en stamme van houtagtige plante soos bome. Die doel van die bas is om die plant teen aanslae van buite te beskerm. Die bas van verskillende plante kan dramaties verskil: dit kan in 'n verskeidenheid van kleure voorkom, en die tekstuur kan wissel van grof tot glad.

Kurk[wysig | wysig bron]

Een van die gebruike van bas is die vervaardiging van kurk. Kurk is afkomstig van die kurkboom (Qurecus suber) wat in die Mediterreense gebied groei en oorspronklik van Portugal afkomstig is. Kurk is elasties en 'n uitstekende termiese en akoestiese isoleerder wat byna ondeurdringbaar is en ook teen temperatuurskommelings bestand is.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Bas
2 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF