Basi Басы | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°06′51″N 47°07′53″O / 46.11417°N 47.13139°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Liman |
Bevolking | |
• Totaal | 997 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416403 |
Basi (Russies: Басы) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit van die gelyknamige rajon behoort. Dit lê 4 kilometer suidwes van 'n adner nedersetting, Basinsk, wat naby die spoorlyn tussen Astrachan en Dagestan geleë is.
Die dorpie is in 1800 gestig deur etnies Russiese en Oekraïnse setlaars wat as southandelaars gewerk het. Die naam Basi is 'n Russiese fonetiese aanpassing van die Tartaarse woord башсыз (basjsiz), waarvan die letterlike betekenis "koploos" is.[1]
Basi is die enigeste nedersetting in Rusland wat gelyktydig tot twee federale deelgebiede behoort. Feitlik word dit deur Astrachan-oblast se streeksregering beheer, maar die nabygeleë Republiek van Kalmikië het territoriale aansprake op die gebied en beskou Basi as 'n deel van sy grondgebied. Hierdie eise is op die feit gebaseer dat die omstrede gebied deel van die Kalmikiese Outonome Oblast was voordat dit in 1943 deur Josef Stalin ontbind is ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië.[2]
Volgens Sensus 2002 het Basi 1 249 inwoners gehad. Etniese Russe en Tsjetsjniërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[3]
Etniese groepe | Sensus 2002 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 592 | 47,4% |
Tsjetsjniërs | 397 | 31,8% |
Dargine | 91 | 7,3% |
Kasakke | 89 | 7,1% |
Kalmikiërs | 41 | 3,3% |
Koemikke | 16 | 1,3% |
Nogais | 12 | 1% |
Duitsers | 4 | 0,3% |
Maris | 4 | 0,3% |
Oekraïners | 3 | 0,2% |
Totaal | 1 249 | 100% |