Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Bastei

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Die Basteibrug, soos gesien vanaf die Ferdinandstein

Die Bastei is 'n rotsformasie met uitkykplatform op 'n hoogte van 305 meter bo seevlak in Saksiese Switserland, 'n landskap in die Duitse deelstaat Sakse. Die rotsformasie, wat op die regteroewer van die Elbe geleƫ is en 'n steil helling op 'n hoogte van 197 meter bo-oor die riviervallei vorm, bied 'n uitsig oor die Elbevallei en die Elbsandsteingebergte. Op die hoogplato agter die Bastei is 'n hotel met restaurant opgerig.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Bastei
8 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF