Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Beer Adriaanse

From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min


Beer Adriaanse
Geboortenaam Jacobus Petrus Adriaanse
Alias Beer
Geboorte 20 Mei 1985 (1985-05-20) (40 jaar oud)
Durbanville, Kaapprovinsie[1]
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Skool Paul Roos Gimnasium
Alma mater Universiteit van Stellenbosch[1]
Universiteit van Kaapstad[1]
Beroep(e) Akteur, regisseur, draaiboekskrywer, musikant[1]
Aktiewe jare 2003–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Jacobus Petrus Adriaanse (algemeen bekend as Beer Adriaanse; gebore 20 Mei 1985) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, regisseur, draaiboekskrywer, en musikant. Hy word bekend as stigterslid van die Afrikaanse musiekgroep Zinkplaat[1][2][3][4] waarin hy vir 10 jaar lank die tromspeler is. Hy vertolk die rol van Thomas in die komiediereeks Hotel (2016–2020) en van Corne Hanekom in die regsdrama Fynskrif (2018–2020); beide reekse word op KykNET uitgesaai. Hy is die seun van die skrywer Wilna Adriaanse.[1]

Vroeë lewe en uitbeelding

[wysig | wysig bron]

Adriaanse is in Durbanville, Wes-Kaap gebore en woon Laerskool Gene Louw in Durbanville en die hoërskool Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch by.[1] Hy verwerf 'n B.A. en B.Phil. in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch en 'n M.Phil. in film en media aan die Universiteit van Kaapstad.[1]

Filmografie

[wysig | wysig bron]

Rolprente

[wysig | wysig bron]
  • 2016: Johnny is nie dood nie
  • 2016: Vir altyd
  • 2017: Wonderlus
  • 2018: Kanarie
  • 2018: Vir ontbyt
  • 2019: Chin up!

Televisiereekse

[wysig | wysig bron]

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Adriaanse woon in Kaapstad, Suid-Afrika.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Salzwedel, Ilse. "Bedrywige Beer Adriaanse". Rooi Rose. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2018. Besoek op 22 Augustus 2018.
  2. ↑ "Beer Adriaanse nie een vir hiberneer". Maroela Media. 20 April 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019. Besoek op 22 Augustus 2018.
  3. ↑ "Beer Adriaanse". Sarie (in Engels). 1 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2019. Besoek op 6 Julie 2019.
  4. ↑ Cloete, Henry (7 Julie 2015). "Beer Adriaanse oor Buurtwag: "Ons benadering was om net toneel vir toneel ons alles te gee"". LitNet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2019. Besoek op 6 Julie 2019.
  5. ↑ "Ons chat met Beer Adriaanse oor Hotel ('n fokken snaakse Afrikaanse TV-reeks)". Wat Kyk Jy?. 25 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2019. Besoek op 6 Julie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Beer_Adriaanse
51 views | Status: cached on August 07 2025 22:06:26
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF