From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min
| Beer Adriaanse | |
| Geboortenaam | Jacobus Petrus Adriaanse |
|---|---|
| Alias | Beer |
| Geboorte | 20 Mei 1985 Durbanville, Kaapprovinsie[1] |
| Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
| Skool | Paul Roos Gimnasium |
| Alma mater | Universiteit van Stellenbosch[1] Universiteit van Kaapstad[1] |
| Beroep(e) | Akteur, regisseur, draaiboekskrywer, musikant[1] |
| Aktiewe jare | 2003–tans |
| Internet-rolprentdatabasis-profiel | |
Jacobus Petrus Adriaanse (algemeen bekend as Beer Adriaanse; gebore 20 Mei 1985) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, regisseur, draaiboekskrywer, en musikant. Hy word bekend as stigterslid van die Afrikaanse musiekgroep Zinkplaat[1][2][3][4] waarin hy vir 10 jaar lank die tromspeler is. Hy vertolk die rol van Thomas in die komiediereeks Hotel (2016–2020) en van Corne Hanekom in die regsdrama Fynskrif (2018–2020); beide reekse word op KykNET uitgesaai. Hy is die seun van die skrywer Wilna Adriaanse.[1]
Adriaanse is in Durbanville, Wes-Kaap gebore en woon Laerskool Gene Louw in Durbanville en die hoërskool Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch by.[1] Hy verwerf 'n B.A. en B.Phil. in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch en 'n M.Phil. in film en media aan die Universiteit van Kaapstad.[1]
Adriaanse woon in Kaapstad, Suid-Afrika.