From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
Blanco | |
|---|---|
| Koördinate: 33°56′0″S 22°25′0″O / 33.93333°S 22.41667°O | |
| Land | |
| Provinsie | Wes-Kaap |
| Distriksmunisipaliteit | Eden |
| Plaaslike Munisipaliteit | George |
| Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Blanco is 'n dorpie net noordwes van George in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het ontstaan as Suid-Stasie toe die Montagupas gebou is en is langs die N12 nasionale pad aan die voet van die Outeniekwapas. Vandag is dit bekend vir die hops wat hier verbou word.