Generaal Louis Botha
Bakkies Botha
Botha is 'n familienaam wat algemeen onder Afrikaners in Suid-Afrika en in die Nederlandse taalgebied voorkom. Die van kom oorspronklik van die omgewings van Friesland en Noord-Duitsland . Dit is afgelei van die Germaanse Butha en Proto-Indo-Europese duta , wat "boodskapper" beteken.
Van die bekende Bothas sluit in:
Andre Botha (gebore 1975), Ierse krieketspeler in Johannesburg gebore
Anton Botha , Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en sanger
John Philip "Bakkies" Botha (gebore 1979), Springbokrugbyspeler
Corlea Botha , Afrikaanse sangeres
Danie Botha (gebore 1947), Afrikaanse skrywer
Danie Botha (gebore 1964), Afrikaanse sanger
Elize Botha (1930–2007), Suid-Afrikaanse akademikus, kanselier van die Universiteit van Stellenbosch en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Francois Botha (gebore 1968), bokser en skopbokser
Hannah Botha , Afrikaanse aktrise
Johan Botha (gebore 1982), Proteakrieketspeler
Johan Botha (gebore 1974), middelafstandatleet
Johan Botha (1965–2016), operasanger
Johan Botha (1965–2016), akteur
Johann Botha , Afrikaanse televisie- en radioaanbieder, natuurlewe-aktivis
Leon Botha (1985–2011), kunstenaar en een van die wêreld se oudste oorlewendes met progeriasiekte
Louis Botha (1862–1919), Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika
Luki Botha (gebore 1930), Formule Eenrenjaer
Marthinus Christoffel Botha , joernalis, digter en skrywer van kortverhale
Hendrik Egnatius "Naas" Botha (gebore 1958), Springbokrugbyspeler
Pierre D. Botha , Afrikaanse rolprentregisseur.
Piet Botha , Afrikaanse musikant en seun van Pik Botha
Pieter Willem Botha (1916–2006), die Groot Krokodil , Eerste Minister en Staatspresident van Suid-Afrika
Roelof Frederik "Pik" Botha (1932–2018), minister van Buitelandse Sake
Roelof Botha , voormalige finansiële direkteur van PayPal
Theo Botha (gebore 1960), aandeelhoueraktivis
Theuns Botha , leier van die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap
Willem Botha , Afrikaanse sanger
Willem Botha, redakteur van Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Willem Christiaan Botha , Suid-Afrikaanse atleet wat in 1936 aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.
Nege Bothas het aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem
Bothaville , dorp in die noordweste van die Vrystaat
Bothanomics , program van ekonomiese hervorming van die destydse Suid-Afrikaanse staatspresident Pieter Willem Botha
Bothasig , noordelike voorstad van Kaapstad