Brahman (bráhman-, nominatief bráhma ब्रह्म) is 'n konsep in Hindoeïsme. Brahman is die onveranderlike, oneindig innerlike, en transendentale werklikheid wat die Goddelike Grondslag vorm van alle materie, energie, tyd, ruimte, bestaan, en alles daarnaas, die heelal omsluitend.[1] Die aard van Brahman word deur verskillende filosofieskole beskryf as transpersoonlik, persoonlik en onpersoonlik (monisties). In die Rig Weda gee Brahman aanleiding tot die allereerste wese Hiranjagarbha wat gelykgestel word aan die skeppergod Brahmā. Die trimoerti kan dus beskou word as 'n verpersoonliking van Hiranjagarbha as die aktiewe beginsel van die fenomene wat die heelal onderlê.
Die woord "Brahman" is afgelei van die werkwoord brh (Sanskrit: om te groei), en vergestalt grootsheid. Die Moendaka Oepanisjad sê:
Omdat die opperste Brahman oneindig is, en hierdie betrokke Brahman oneindig is. Die oneindige gaan vooruit vanuit die oneindige. En dan deur kennis, wat die oneindigheid van die oneindige verwesenlik. Al wat staande bly is die oneindige.
Let daarop dat "Brahman" verskil van "Brahmin", die priesters of heilige manne. "Brahmin" is weliswaar van "Brahman" afgelei in die opsig dat 'n 'Brahmin die een is wat Brahman ken'.