From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| Brandberg | |
|---|---|
| Ligging | Erongo, Namibië |
| Hoogte | 2 573 meter bo seevlak |
| Koördinate | 21°7′S 14°33′O / 21.117°S 14.550°OKoördinate: 21°7′S 14°33′O / 21.117°S 14.550°O |
| Rotsouderdom | 130 miljoen jaar |
| Eerste bestyging | 18 Januarie 1918 |
| Eerste bestyger(s) | Reinhard Maack |
Die Brandberg is die hoogste gebergte van Namibië. Dit lê in die noorde van die streek Erongo. Die grootste enkele bergspits is die 2 573 m hoë piek Königstein.
Die kerngebied van 450 vierkante kilometer (170 vk. m.) is in 1951 tot 'n nasionale monument verklaar.[1]
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Brandberg. |