Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Brooklyn, New York

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Brooklyn

Kings County
Borough
Uitsig oor die Brooklyn-brug en Brooklyn Downtown
Uitsig oor die Brooklyn-brug en Brooklyn Downtown
Amptelike seël van Brooklyn
Seël
Kaart van New York wat Brooklyn in oranje aandui.
Kaart van New York wat Brooklyn in oranje aandui.
Koördinate: 40°37′29″N 73°57′8″W / 40.62472°N 73.95222°W / 40.62472; -73.95222
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat New York
County Kings
Stad New York Stad
Stigting1634
Regering
 • TipeBorough (Stadsdeel)
 • President van die StadsdeelEric Adams (D)
 • Prokureur van die DistrikCharles Hynes
Oppervlak
 • Totaal251,0 km2 (96,90 vk. myl)
 • Land182,9 km2 (70,61 vk. myl)
 • Water68,1 km2 (26,29 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal2 565 635
 • Digtheid14,037/km2 (36,356/vk. myl)
TydsoneUTC-5 (OST)
Poskode
112
Skakelkodes347, 718, 917, 929
Webwerfwww.Brooklyn-USA.org

Brooklyn is een van die vyf stadsdele (Engels: boroughs) van New York in die Verenigde State van Amerika. Met meer as 2,5 miljoen mense het Brooklyn meer inwoners as enige van die ander stadsdele, hoewel dit die tweede grootste in terme van oppervlakte is. Brooklyn is op die westelike deel van Long Island geleë. Die East River skei dit van Manhattan. Brookyn se enigste landsgebonde grens is met Queens.

Brooklyn is 'n nywerheids- en hawegebied. Dit is bekend as ’n deel van die stad waar mense van baie verskillende rasse woon. Mense van Brooklyn het dikwels ’n sterk aksent wat maklik herkenbaar is.[1]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Brooklyn in 1879.

Brooklyn is na 'n Nederlandse dorp, "Breukelen" genoem. Die eerste Europeërs wat hier gewoon het was Nederlanders. Toe hulle daar aangekom het, was daar reeds inheemse Amerikaners, genaamd die Lenape. Die Nederlanders stig die stad in 1634 as 'n deel van die kolonie van die Nuwe Nederland.

Broolyn was 'n onafhanklike stad tot in 1898 toe die inwoners gestem het om by die groter New York aan te sluit. Vandag is Brooklyn 'n tuiste vir mense van verskeie kulture en etniese agtergronde.

Die Brooklyn-brug is 'n bekende landmerk in Brooklyn. Dit oorkruis die East River en verbind Brooklyn met Manhattan. Die grootste brug in New York Stad verbind Brooklyn met Staten-eiland. Brooklyn is een van die bekendste stadsdele van New York.

Noordwes-Brooklyn

[wysig | wysig bron]

Noord-Brooklyn

[wysig | wysig bron]

Noordoos-Brooklyn

[wysig | wysig bron]

Sentraal Brooklyn

[wysig | wysig bron]

Bekende Brooklyners

[wysig | wysig bron]
  • Veronica Lake, een van die top film sterre in Hollywood in die 1940's.
  • Samuel Morse, uitvinder en skilder wat bekend is vir die ontwerp van die telegraaf en Morsekode.
  • Donald Kagan, historikus wat in antieke Griekeland spesialiseer.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Brooklyn,_New_York
6 views | Status: cached on November 13 2024 01:38:27
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF