Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

COBOL

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min


COBOL (COmmon Business Oriented Language) is 'n hoëvlak programmeertaal wat die primêre besigheidsprogrammeertaal was op hoofraamrekenaars en minirekenaars. Dis 'n vertaalde taal en een van die eerste hoëvlak programmeertale.

COBOL het ontwikkel uit FLOWMATIC, 'n taal ontwikkel in die 1950's deur Grace Hopper vir die UNIVAC I.

Alle COBOL programme is in 4 afdelings ("division") georganiseer, wat: IDENTIFICATION, ENVIRONMENT, DATA, & PROCEDURE genoem word. Elke afdeling kan dan verder verdeel word in onderafdelings wat "section" genoem word. Elke "section" kan paragrawe bevat.

Voorbeeld

[wysig | wysig bron]

'n Eenvoudige COBOL-program:

       IDENTIFICATION DIVISION.
       PROGRAM-ID. hello-world.
       PROCEDURE DIVISION.
           DISPLAY "Hallo wêreld!"
           .

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/COBOL
4 views | Status: cached on March 28 2025 07:11:47
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF