Campora San Giovanni Panorama
| |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Italië |
Administratiewe gewes | Cosenza |
Stigting | 31 Oktober 1877 |
Hoogte bo seevlak | 55 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 7 340 |
Tydsone | CET (UTC+1) |
- Somertyd | CEST (UTC) |
Amptelike webwerf | Pro loco Campora San Giovanni |
Campora San Giovanni (Campura San Giuvanni of Campura Santu Janni in die argaïese Kamporese dialek) is 'n frazione van die gemeente (munisipaliteit) Amantea, in die provinsie Cosenza, Calabria, Italië. Dit is naby die grens met die provinsie Catanzaro geleë.
Campora San Giovanni is geleë aan die Tirreense kus en het sedert die jare '50 ontwikkel op 'n vlakte aanliggend aan die strand. Die area word omring deur 'n heuwel waarop wyn en olyfolie verbou word. Hierdie heuwel bied 'n wye uitsig oor die omliggende gebied, met onder meer na die suide die Golf van Lamezia Terme. Aan die horison doem die vulkaniese eiland Stromboli uit die seewater op. Vanuit die hawe van Campora San Giovanni is die Aioliese Eilande binne 'n kort tyd bereikbaar.
Die Frazione Campora San Giovanni word verdeel in die volgende wyke:
|
|