Cannes-rolprentfees 2008
| ||
Datum | 14-25 Mei 2008 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Édouard Baer | |
Getal prente | 22 (In Kompetisie) 20 (Un Certain Regard) 9 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Blindness | |
Afsluitingsfliek | What Just Happened | |
Palme d'Or | The Class |
Die 61ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2008 gehou. Benewens die flieks wat om pryse meegeding het, het groot Hollywood-produksies soos Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull en Kung Fu Panda hul premières hier gehad. Die Amerikaanse akteur en regisseur Sean Penn was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Édouard Baer het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 51 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Franse rolprent The Class (Entre les murs), met Laurent Cantet as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Fernando Meirelles se Blindness[2] en afgesluit met What Just Happened van Barry Levinson.[3]
Rolprent | Regisseur | Land | Prys |
---|---|---|---|
The Class (Entre les murs) | Laurent Cantet | Frankryk | Palme d'Or |
Gomorra (Gomorrah) | Matteo Garrone | Frankryk | Grand Prix |
Il Divo | Paolo Sorrentino | Italië | Jurieprys |
Tulpan | Sergei Dvortsevoy | Kazachstan | Un Certain Regard |
Hunger | Steve McQueen | VSA | Caméra d'Or |
Megatron | Marian Crişan | Roemenië | Kortfilm-Palme d'Or |
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Nuri Bilge Ceylan | Three Monkeys (Üç Maymun) | Turkye |
Beste draaiboek | Luc & Jean-Pierre Dardenne | Lorna's Silence (Le Silence de Lorna) | België |
Beste akteur | Benicio del Toro | Che | VSA |
Beste aktrise | Sandra Corveloni | Linha de Passe | Brasilië |
Prix du 61ème anniversaire | Catherine Deneuve Clint Eastwood |
Un conte de Noël Changeling |
Frankryk VSA |