Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Casper de Vries

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Casper de Vries
Geboorte 1 Junie 1964
Pretoria
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, komediant
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Casper de Vries is 'n Afrikaanse komediant en akteur. Hy is veral bekend vir sy eenman-vertonings en skurwe taal. Baie Afrikaners hou van sy humor, hoewel sommige dit as walglik beskou.

De Vries is op 1 Junie 1964 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Hy is die seun van 'n Suid-Afrikaanse vader en 'n Nederlandse moeder en het dubbele burgerskap. Hy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy afstudeeropdrag in 1986 (die voorstelling: Hallo Suid-Afrika) was die begin van sy professionele loopbaan. Daarna tree hy jaar-na-jaar in vertonings op, tot hy in 1997 met sy eenman-vertonings begin het. Behalwe Afrikaans praat hy ook vlot Nederlands.

Lewendige vertonings

[wysig | wysig bron]

Hier is 'n lys van sy eenman-vertonings:

  • Walgwors (1997)
  • Wetter (1998)
  • Toet & Taal (1999)
  • Laat Daar Lag Wees (2000)/(2001)
  • DiMensie (2002)
  • Die Hits (2003)
  • Snaaks Genoeg (2004)
  • My Wêreld (2006)
  • Mondig (2007)
  • BroedersAncestors (2009)
  • Gaan Groot (2010)
  • Vark in hel (2011)

Filmografie

[wysig | wysig bron]

Rolprente waarin De Vries gespeel het:

  • Egoli: Afrikaners is plesierig, 2010
  • Haak en Steek as Blertsie du Toit en Hanno Gelderblom
  • Alec to the Rescue (1999) as Train Steward
  • Soweto Green (1995) as Adrian Fluit
  • Sweet 'n Short (1991) as George Weedle
  • Taxi to Soweto (1992) as 'n Telekommunikasie Ingenieur
  • Kwagga Strikes Back ook bekend as Oh, Shucks-here comes UNTAG (1990) as Jaap van den Ploes

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Casper_de_Vries
3 views | Status: cached on March 11 2025 19:47:07
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF