Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Charlotte Brontë

From Wikipedia (Af) - Reading time: 4 min

Charlotte Brontë
Charlotte Brontë in 1854
Gebore21 April 1816
Thornton, Wes-Yorkshire
Sterf31 Maart 1855
Haworth, Wes-Yorkshire
NasionaliteitEngeland
BeroepSkryfster
Bekend virJane Eyre
EggenootArthur Bell Nicholls
Handtekening

Charlotte Brontë (21 April 1816 - 31 Maart 1855) was 'n Engelse skryfster en het bekend geraak na die publikasie van haar boek Jane Eyre. Sy was deel van die Brontë-familie en het ook die skuilnaam Currer Bell gebruik.

Publikasies

[wysig | wysig bron]
Branwell Brontë, Painting of the 3 Brontë Sisters, van links na regs: Anne, Emily en Charlotte Brontë. Branwell het homself uit die portret van sy drie susters geskilder. National Portrait Gallery, Londen.
'n Geïdealiseerde postuum portret deur Duyckinick, 1873, gebaseer op 'n tekening deur George Richmond

Jeugwerke

[wysig | wysig bron]
  • The Young Men's Magazine, Number 1 – 3 (Augustus 1830)[1][2]
  • A Book of Ryhmes (1829)[3]
  • The Spell[4]:146
  • The Secret
  • Lily Hart[4]:157
  • The Foundling[5]
  • Albion and Marina[4]:129
  • Tales of the Islanders[6]
  • Tales of Angria (geskryf van 1838 to 1839 – 'n bundel kinderlektuur en lektuur vir jong volwassenes, wat vyf kort romans insluit.)
    • Mina Laury[4]:119
    • Stancliffe's Hotel[4]:166
    • The Duke of Zamorna
    • Henry Hastings[7][4]:15,100
    • Caroline Vernon[4]:46
    • The Roe Head Journal Fragments[4]:147
    • Farewell to Angria

The Green Dwarf, A Tale of the Perfect Tense is in 1833 geskryf onder die skuilnaam Lord Charles Albert Florian Wellesley.[8] Dit toon die invloed van Walter Scott. Brontë se wysigings aan haar vroeëre gotiese styl het Christine Alexander daartoe beweeg om kommentaar te lewer dat in die werk "it is clear that Brontë was becoming tired of the gothic mode per se".[9]

"Aan die einde van 1839 het Brontë afskeid geneem van haar fantasiewêreld in 'n manuskrip genaamd Farewell to Angria. Sy het al hoe meer gevind dat sy verkies om na haar verbeelde wêrelde te ontsnap as om in die werklikheid te bly - en sy was bang dat sy waansinnig sou word. Sy het dus afskeid geneem van haar karakters, tonele en onderwerpe. [...] Sy het geskryf oor die pyn wat sy gevoel het om haar te ontruk van haar 'vriende' en onbekende gebied te betree".

Romans

[wysig | wysig bron]
  • Jane Eyre, gepubliseer in 1847
  • Shirley, gepubliseer in 1849
  • Villette, gepubliseer in 1853
  • The Professor, geskryf voor Jane Eyre. Die werk is die eerste keer voorgelê saam met Wuthering Heights deur Emily Brontë en Agnes Grey deur Anne Brontë. Gevolglik is die The Professor weer apart voorgelê en verwerp deur verskeie uitgewers. Die werk is postuum uitgegee in 1857
  • Emma, onvoltooid; Brontë het slegs 20 bladsye van die manuskrip geskryf, en dit is postuum uitgegee in 1860. In onlangse dekades het ten minste twee verskrywings van die fragment verskyn:
    • Emma, deur "Charlotte Brontë and Another Lady", gepubliseer in 1980; alhoewel die werk toegeskryf is aan Elizabeth Goudge, was [10] die werklike skryfster Constance Savery.[11]
    • Emma Brown deur Clare Boylan. Gepubliseer in 2003

Poësie

[wysig | wysig bron]
  • Bell, Currer; Bell, Ellis; Bell, Acton (1846). Poems by Currer, Ellis, and Acton Bell.
  • Selected Poems of the Brontës, Everyman Poetry (1997)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Barnard, Robert (2007). A Brontë encyclopedia. Louise Barnard. Malden, MA: Blackwell Pub. pp. 29, 34–35. ISBN 978-1-4051-5119-1. OCLC 76064670.
  2. Glen, Heather (2004). Charlotte Brontë : the imagination in history. Oxford: Drukpers van die Universiteit van Oxford. p. 9. ISBN 978-1-4294-7076-6. OCLC 139984116.
  3. Nathan-Kazis, Josh (25 April 2022). "Brontë Manuscript Buyer Will Donate Book To Museum". Barron's. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2022. Besoek op 27 April 2022.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 4,6 4,7 Butcher, Emma (2019). The Brontës and War : Fantasy and Conflict in Charlotte and Branwell Brontë's Youthful Writings. Cham: Palgrave Macmillan. ISBN 978-3-319-95636-7. OCLC 1130021690.
  5. "Charlotte Brontë's Unpublished Works Discovered". Newsweek. 13 November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2021. Besoek op 13 Junie 2021.
  6. "Tales of the Islanders". Oxford Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2020. Besoek op 13 Junie 2021. Volumes 1–4, written between 31 [sic] June 1829 and 30 June 1830, is Charlotte Brontë's first extended attempt at storytelling
  7. Charlotte het die stuk geskryf, maar Branwell het ook onder dié skuilnaam geskryf in sy jeugwerk
  8. Shorter, Clement King (19 September 2013). The Brontës Life and Letters: Being an Attempt to Present a Full and Final Record of the Lives of the Three Sisters, Charlotte, Emily and Anne Brontë. Drukpers van die Universiteit van Cambridge. ISBN 9781108065238. Besoek op 2 Februarie 2019 – via Google Books.
  9. Alexander 1993, pp. 430–432.
  10. "Review of Emma Brown by Charlotte Cory". The Independent. 13 September 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2009. Besoek op 12 Junie 2013.
  11. Bronte, Charlotta and Another Lady. Emma. Moskou: Folio. 2001. 11.
  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 4, Bladsy 603.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Charlotte_Brontë
2 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF