Chris le Roux | |
---|---|
Genres | Afrikaans, Country |
Beroep(e) | Sanger |
Chris le Roux is 'n Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Le Roux het al van jongs af gesing, sy eie orkes op skool gestig en saam met musikante soos Ruben Lennox opgetree. Hy het homself in die hotelbedryf gekwalifiseer en in sy vrye tyd musiek gemaak. In die sewentigerjare het hy die orkes 'Hot Ice' begin wat voltyds by vakansieoorde soos Tshipise, Die Eiland en Swadini opgetree het.
Hy neem sy eerste langspeelplaat in 1985 op met die liedjie Drome van Rietbaai wat 'n treffer geword het. Van sy ander treffers is Duisendmaal, Klein Karoo en die lied Ek gaan huis toe, waarmee hy die gewilde TV-program 'Teletreffers' gewen het.