Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Coney Island

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Lugfoto van die skiereiland
Lugfoto van die strand
Vakansiegangers op die strand met die "Wonder Wheel" in die agtergrond.

Coney Island is 'n skiereiland (voorheen 'n losstaande eiland) in die suide van Brooklyn, New York, in die Verenigde State van Amerika.

Coney Island het 'n strand aan die Atlantiese Oseaan. Die stadsdeelte het 'n inwonertal van 60 000 mense op die westelike deel van die skiereiland. Coney Island word omring deur Sea Gate in die weste, Brighton Beach en Manhattan Beach in die ooste en Gravesend in die noorde.

Die gebied was veral gewild onder vakansiegangers met verskeie parke en oorde wat hul piek aan die begin van die 20ste eeu beleef het. Na die Tweede Wêreldoorlog verloor die plek sy gewildheid. Meer onlangs het dit 'n oplewing beleef met die opening van die MCU Park-stadion, die tuisveld van die Brooklyn Cyclones-bofbalspan.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

40°34′28″N 73°58′43″W / 40.574416°N 73.978575°W / 40.574416; -73.978575


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Coney_Island
10 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF