Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Dagestan

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Republiek van Dagestan
Республика Дагестан
Die ligging van Dagestan in Rusland.
Die ligging van Dagestan in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Noord-Kaukasiese
Ekonomiese streek Noord-Kaukasiese
Stigting 20 Januarie 1921
Regering
Hoofstad Machatsjkala
Leier Ramazan Abdoelatipof
Amp Waarnemend
Wetgewer Volksraad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 910 249
Volgorde 12de
Digtheid 57,86 /km2
Stedelik 45,2%
Plattelands 54,8%
Statistiek
Oppervlakte 50 300 km2
Volgorde 52ste
Tydsone UTC+04:00
Registrasienommer 05
Amptelike tale Russies, ens.
Webtuiste http://www.e-dag.ru/
Wapen en vlag
Wapen
Wapen

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Die Republiek van Dagestan (Russies: Респу́блика Дагеста́н, Respoeblika Dagestan) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Dit is die grootste republiek in die Noord-Kaukasus wat grootte en bevolking betref.

Die woord "Dagestan" beteken "land van berge". Dit word in die Arabiese alfabet geskryf as داغستان.

Geografie[wysig | wysig bron]

’n Paartjie in tradisionele klere. Sergei Prokoedin-Gorski, omstreeks 1907 tot 1915.
Bote vaar op die Soelakrivier in die Soelakcanyon. Dit is die diepste canyon in Europa.

Dagestan is in die Noord-Kaukasiese berge geleë. Dit is die mees suidelike gebied van Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aan Kalmikië, Tsjetsjnië, Stawropol-krai, Azerbeidjan, Georgië en die Kaspiese See.

Die grootste deel bestaan uit berge en die hoogste punt is Berg Bazardjoezi, wat 4 466 meter hoog is. Daar is sowat 1 800 riviere, waarvan die belangrikstes die Soelak, Samoer en Terek is.

Demografie[wysig | wysig bron]

Vanweë die berge wat reis en kommunikasie bemoeilik, is die republiek etnies uiteenlopend. Anders as in die res van Rusland groei die bevolking vinnig. Volgens die 2002-sensus maak Avars, Dargins Tabasaranins en Lezgins 80% van die bevolking uit, Koemiks en Nogai 15% en Russe 4% en Rutuls 1%. Daar is ook talle ander groepe. Ondanks die etniese verskeidenheid is sowat 95% van die bevolking Moslems.

Die taal wat die meeste gepraat word, is Russies, maar meer as 30 plaaslike tale word ook gepraat.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Die volgende sektore word onderskei:

Van die belangrikste produkte wat vervaardig word, is kos, krag, olie, masjiene, chemiese stowwe en instrumente. Vis, wyn, brandewyn en vrugte is van die belangrikste landbouprodukte.

Verwysings[wysig | wysig bron]


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Dagestan
8 views | Status: cached on July 05 2024 15:35:29
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF