Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer. |
Deventer | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Nederland |
Koördinate | 52°15′N 6°9′O / 52.250°N 6.150°O |
Stigting | 1123 |
Provinsie | Overijssel |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 134,33 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 98 465 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 750/vk km |
Tydsone | UTC+1 |
- Somertyd | UTC+2 |
Burgemeester (party) | Ron König (D66) |
Amptelike webwerf | www.deventer.nl |
Wikimedia Commons | Deventer |
Deventer is 'n munisipaliteit in Salland, in die provinsie Overijssel in Nederland. Deventer grens aan die munisipaliteite Olst-Wijhe, Raalte, Rijssen-Holten, Lochem en Voorst. Daar woon 98 000 mense in Deventer. Die stad vorm ook saam met die stede Apeldoorn, Zutphen en ander munisipaliteite die agglomerasie Stedendriehoek, waar sowat 410 000 mense woon.
Deventer staan bekend vir sy Deventerkoek en die sokkerspan Go Ahead Eagles wat in die seisoen 2013-2014 in die Eredivisie gespeel het. Die stad is ook die fokuspunt van infrastruktuur in Salland, asook vir die spoorweë, vir die nasionale paaie die A1 as vir die IJsselrivier.
Die stad Deventer is waarskynlik gestig rondom 768 deur die Engelse sendeling Lebuinus, wat 'n houtkerk op die oostelike oewer van die IJssel gebou het. In 952 het Koning Otto I in 'n skenkingsoorkonde Deventer as stad vermeld. Nadat die plek in die loop van tyd steeds meer regte en voorregte verwerf het, het dit in 1123 van keiser Hendrik V die beskikking oor die munisipale gronde gekry. In die Middeleeue was Deventer lid van die Hanseverbond. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die stad hewig gebombardeer vanweë die teenwoordigheid van 'n brug oor die IJssel, met die gevolg dat nie baie geboue na die oorlog oorgebly het nie.