From Wikipedia (Af) - Reading time: 3 min
| Duitse Wikipedia | |
|---|---|
| Tipe webblad | Wiki |
| Taal(e) | Duits |
| Registrasie | Opsioneel |
| Eienaar | Wikimedia Stigting |
| Opgerig | 16 Maart 2001 |
| Huidige status | Aktief |
| URL | de.wikipedia.org |



Die Duitstalige uitgawe van Wikipedia is op 16 Maart 2001 begin en is tans die 3de grootste aanlyn ensiklopedie volgens die aantal gepubliseerde artikels, na die Engelse en Cebuano Wikipedias.[1] Dit bevat tans 3 009 800 artikels.
Die Duitse Wikipedia was die eerste nie-Engelse Wikipedia wat geskep is. Dit is op 16 Maart 2001 deur Jimmy Wales aangekondig.[2] Die eerste bydrae op die Wikipedia word op 12 Mei 2001 gemaak.[3] Hoewel die Katalaanse Wikipedia eers later geskep is, was dit die eerste om nie-Engelse artikels te bevat.
Op 27 Desember 2009 het die Duitse uitgawe meer as 1 000 000 artikels gehad en op 19 November 2016 2 miljoen. 98% persent van die artikels het meer as 200 karakters gehad, 88% het meer as 512 grepe gehad, 42% was groter as 2 kB, en die gemiddelde artikel was 3698 grepe of 410 woorde lank.[4]
| Datum | Aantal artikels |
|---|---|
| 23 Maart 2001 | amptelike oprigting |
| 12 Mei 2001 | eerste operasie |
| 24 Januarie 2003 | 10 000 |
| 27 Julie 2003 | 25 000 |
| 8 Februarie 2004 | 50 000 |
| 13 Junie 2004 | 100 000 |
| 15 Februarie 2005 | 200 000 |
| 28 Junie 2005 | 250 000 |
| 7 Oktober 2005 | 300 000 |
| 18 Mei 2006 | 400 000 |
| 23 November 2006 | 500 000 |
| 18 Junie 2007 | 600 000 |
| 30 Januarie 2008 | 700 000 |
| 17 Mei 2008 | 750 000 |
| 6 September 2008 | 800 000 |
| 4 Mei 2009 | 900 000 |
| 27 Desember 2009 | 1 000 000 |
| 29 Julie 2010 | 1 100 000 |
| 9 Maart 2011 | 1 200 000 |
| 24 Junie 2011 | 1 250 000 |
| 16 Oktober 2011 | 1 300 000 |
| 30 April 2012 | 1 400 000 |
| 18 November 2012 | 1 500 000 |
| 24 Junie 2013 | 1 600 000 |
| 21 Maart 2014 | 1 700 000 |
| 25 Augustus 2014 | 1 750 000 |
| 15 Januarie 2015 | 1 800 000 |
| 23 Januarie 2016 | 1 900 000 |
| 19 November 2016 | 2 000 000 |
| 26 April 2025 | 3 009 800 |
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Duitse Wikipedia. |