Hy is gebore in Washington, D.C., maar was vanaf die middel van die 1920's in New York Stad gebaseer. Hy het bekendheid verwerf deur sy orkes se opvoerings by die Cotton Club in Harlem. In the 1930's het sy orkes deur Europa getoer. Alhoewel hy as 'n belangrike figuur in die ontwikkeling van jazz beskou word het Ellington die frase "beyond category" as 'n bevrydende beginsel omhels en na sy musiek verwys as deel van die meer algemene kategorie van Amerikaanse Musiek. [2]
Sommige van die jazzmusikante wat lede van Ellington se orkes was, soos die saxofonis Johnny Hodges, word beskou as een van die beste spelers van die instrument. Die orkes was die bekendste orkes in die geskiedenis van jazz. Sommige lede het vir verskeie dekades deel van die orkes gebly. Ellington was 'n meester wat die skryf van miniature vir die drie-minuut opname-formaat van 78 opm plate betref, en het meer as duisend komposisies geskryf; sy uitgebreide werk maak deel uit van die grootste opgeneemde jazz-nalatenskap wat daar bestaan. Baie van sy stukke het standaardwerke van die jazzrepertorium geword. Hy het ook liedjies opgeneem wat deur sy orkeslede geskryf is, soos byvoorbeeld Juan Tizol se "Caravan" en "Perdido", wat 'n Spaanse kleur aan big band-jazz verleen het. In die vroeë veertigerjare het Ellington begin saamwerk met die komponis, rangskikker en pianis Billy Strayhorn, welke samewerking byna dertig jaar sou duur. [3] Saam met Strayhorn het hy baie uitgebreide komposisies, of suites, asook addisionele kort stukke gekomponeer. Na 'n verskyning tydens die Newport Jazz Festival in Julie 1956 het Ellington en sy orkes 'n groot herlewing geniet en wêreldtoere onderneem. Ellington het opnames gemaak vir die meeste groot Amerikaanse platemaatskappye van sy era en het in verskeie rolprente verskyn en ook 'n handvol musiekblyspele gekomponeer.
↑"Biography". DukeEllington.com (Official site). 2008. Besoek op 26 Januarie 2012.
↑ Tucker 1995, p. 6 skryf: "He tried to avoid the word 'jazz' preferring 'Negro' or 'American' music. He claimed there were only two types of music, 'good' and 'bad' ... And he embraced a phrase coined by his colleague Billy Strayhorn – 'beyond category' – as a liberating principle."
↑Hajdu, David (1996), Lush Life: A Biography of Billy Strayhorn, New York: Farrar, Straus & Giroux, ISBN 978-0-86547-512-0, p. 170.
Cohen, Harvey G. Duke Ellington's America. Chicago: University of Chicago Press, 2010. ISBN 978-0-226-11263-3
Ellington, Duke. Music Is My Mistress. New York: Da Capo, 1976 ISBN 0-7043-3090-3
Ellington, Mercer. Duke Ellington in Person. Boston: Houghton Mifflin, 1978. ISBN 0-395-25711-5.
Hajdu, David, Lush Life: A Biography of Billy Strayhorn. New York: Farrar, Straus & Giroux, 1996. ISBN 978-0-86547-512-0.
Hasse, John Edward. Beyond Category: The Life and Genius of Duke Ellington. New York: Da Capo, 1995. ISBN 0-306-80614-2
Lawrence, A. H. Duke Ellington and His World: A Biography. New York: Routledge, 2001. ISBN 0-415-93012-X
Schuller, Gunther. Early Jazz: Its Roots and Musical Development. New York: Oxford University Press, 1986. ISBN 978-0-19-504043-2. Especially pp. 318–357.
Schuller, Gunther. The Swing Era: The Development Of Jazz, 1930–1945. New York: Oxford University Press, 2005. ISBN 978-0-19-507140-5. Esp. pp. 46–157.
Stratemann, Dr. Klaus. Duke Ellington: Day by Day and Film by Film. Copenhagen: JazzMedia, 1992. ISBN 87-88043-34-7 Covers all of Duke's travels and films from the 1929 short film Black and Tan onwards.