Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Eems

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Ems
Die Eems naby Lingen.
Die Eems naby Lingen.
Die Eems naby Lingen.

Die stroomgebied van die Eems.

Oorsprong Kasteel Holte-Stukenbrock
Monding Dollart, Noordsee naby Eemden, Duitsland
Stroomgebied Noordryn-Wesfale en Nedersakse, Duitsland
Lengte 371 km (231 myl)
Oorspronghoogte 129 m (423 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 80 m³/s (2 825 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 13 160 km² (5 081 myl²)
Kaart van die Eems-bekken in Europa.
Kaart van die Eems-bekken in Europa.

Die Eems (Latyns Amisia, Wesfalies Iems, Noord-Nedersaksies en Nederlands Eems, Saterfries: Oamse, Duits: Ems) is 'n rivier in die noord-weste van Duitsland.

Die rivier ontspring in die Senne naby die kasteel Holte-Stukenbrock in die landsdeel Wesfale, vloei aanvanklik deur die Westfälische Bucht - parallel met die Teutoburger Woud - in noordwestelike rigting en vanaf die landsgrens met Nedersakse, tussen Rheine en Salzbergen, in noordelike rigting tot by sy uitmonding in die Noordsee.

Vanaf die Dollart vorm die Eems-rivier die gedeeltelik omstrede grenslyn tussen Duitsland en die Nederlandse provinsie Groningen. Die Eems mond sowat 27 km rivieraf van Eemden tussen Pilsum en Eemshaven in die Noordsee uit.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Eems
2 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF