Elba Inheemse naam: Elba | |
---|---|
Ligging van Elba in Italië | |
Geografie
| |
Ligging | Italië, oos van Korsika |
Koördinate | 42°46′N 10°15′O / 42.767°N 10.250°O |
Argipel | Toskaanse argipel |
Totale eilande | 7 |
Hoofeilande | Elba, Gorgona, Capraia, Pianosa, Montecristo, Isola del Giglio en Giannutri |
Oppervlakte | 224 vk km |
Hoogste punt | Monte Capanne 1 018 m |
Administrasie | |
Italië | |
Streek | Toskane
|
Hoofstad | Portoferraio |
Grootste stad | Portoferraio (12 013)
|
Demografie | |
Bevolking | 31 572
|
Elba is eiland in die Middellandse See in die Toskaanse argipel langs die weskus van Italië en is onder Italiaanse beheer. Die eiland is 20 km vanaf die kusdorp Piombino en in die ooste van die Franse eiland Korsika geleë. Die eiland is met 'n kuslyn van 147 km en 'n oppervlakte van 224 km² die derde grootste eiland van Italië ná Sisilië en Sardinië.
Die eiland was in Etruskiese hande tot 453 v.C.. Hulle het daar mynbou bedryf en die Monte Castello was 'n Etruskiese fort.
Elba is beroemd as die plek van bannelingskap van Napoléon Bonaparte tussen 4 Mei 1814 en 26 Februarie 1815, waar hy sy eie vorstedom gekry het.