Eltanin (ook bekend as Gamma Draconis en γ Dra) is ’n ster in die noordelike sterrebeeldDraak (Draco). Dit is die helderste ster in die sterrebeeld, met ’n skynbare magnitude van 2,4.[2]
Oor 1,5 miloen jaar sal Eltanin sowat 28 ligjare van die Aarde af wees. As sy absolute magnitude nie verander nie, sal dit ’n ruk lank die helderste ster aan die naghemel wees, amper so helder soos Sirius tans is.[10]
Eltanin is ’n geëvolueerdereusester met ’n oranje kleur[11] en ’n sterreklassifikasie van K5 III.[1] Sy spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[12] Sy massa is 72%[5] groter as die Son s’n en dit het uitgesit tot ’n radius van 48 keer dié van die Son.[4] Sy ligsterkte is omtrent 471 keer[4] die Son s’n, al is dit met sy oppervlaktemperatuur van 3 930 K[4] koeler as die Son
Die ster se Bayer-naam is "Gamma Draconis" en sy Flamsteed-naam "33 Draconis". Dit het die tradisionele naam "Eltanin" (of "Etamin" of "Ettanin"),[13][14] wat afgelei is van die Arabiese التنين At-Tinnin "Die Groot Slang". Die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) het dié naam vir die ster op 21 Augustus 2016 goedgekeur.[15]
↑Massarotti, Alessandro et al. (January 2008), "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity", The Astronomical Journal135 (1): 209–231, doi:10.1088/0004-6256/135/1/209, Bibcode: 2008AJ....135..209M
↑McWilliam, Andrew (Desember 1990). "High-resolution spectroscopic survey of 671 GK giants". Astrophysical Journal Supplement Series (PDF). 74: 1075–1128. Bibcode:1990ApJS...74.1075M. doi:10.1086/191527.
↑Perryman, M. A. C.; Lindegren, L.; Kovalevsky, J. (Julie 1997), "The Hipparcos Catalogue", Astronomy and Astrophysics323: L49–L52, Bibcode: 1997A&A...323L..49P
↑ 10,010,1Kaler, James B. "ELTANIN (Gamma Draconis)". Stars (in Engels). University of Illinois. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 21 November 2010.
↑Kunitzsch, Paul; Smart, Tim (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2de hersiene uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Pub. ISBN978-1-931559-44-7.