Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Engbers GmbH & Co. KG | |
Tipe | |
---|---|
Gestig | 7 Januarie 1946 |
Hoofkantoor | Gronau, Noordryn-Wesfale, Duitsland |
Gebied bedien | Duitsland en Oostenryk |
Industrie | Tekstielkleinhandel |
Produkte | Mode vir mans, skoene, bybehore |
Inkomste | 105,3 miljoen € (2012/3) |
Werknemers | 1 700 (2016) |
Dogter- maatskappye | emilio adani |
Webwerf | Engbers Emilio Adani |
Engbers is 'n Duitse familie-onderneming met belange in die tekstielkleinhandel waar hulle op mode vir mans in die ouderdom tussen 35 en 60 jaar fokus. Die onderneming, wat sy hoofkwartier in Gronau in die Münsterland-streek van Noordryn-Wesfale het, bedryf tans meer as 300 modewinkels in 180 nedersettings in Duitsland en Oostenryk.[1]
Emilio Adani is oorspronklik as 'n etiket vir breimode gevestig. Vanaf 2005 is dit deur 'n span kreatiewes en inkopers verder ontwikkel tot 'n etiket vir straatmode met 'n sportiewe styl. Die teikengroep is mans tussen die ouderdom van 30 en 50 jaar. Eksklusiewe Emilio Adani-modewinkels is vanaf 2008 geopen, drie jaar later het 'n aanlynwinkel gevolg.