Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Erateem

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

’n Erateem is die chronostratigrafiese weergawe van ’n geochronologiese era. Erateme is die eenhede waarin eonoteme verdeel word en word self weer onderverdeel in sisteme. Dus is ’n erateem die totale gesteentes wat afgeset is tydens ’n spesifieke era, terwyl laasgenoemde die tydperk is waarin die gesteentes gevorm is.

Die meeste erateme en eras het dieselfde naam. Met Paleosoïkum kan byvoorbeeld die erateem of era bedoel word.

Die jongste eonoteem, die Fanerosoïkum, kan verdeel word in die volgende erateme, van oud tot jonk:


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Erateem
8 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF