Farrar, Straus en Giroux (FSG) is 'n Amerikaanse uitgewersmaatskappy wat in 1946 gestig is deur Roger W. Straus jr. en John C. Farrar.[1] FSG is bekend vir die publisering van literêre werke. Die maatskappy se outeurs het al verskeie toekennings en pryse gewen, insluitende die Pulitzerprys, Nasionale Boekprys en Nobelprys. Die uitgewer is tans 'n afdeling van Macmillan Uitgewers, wat op sy beurt deel van die Duitse uitgewerskonglomeraat Holtzbrinck publiseringsgroep is.[2]
Faber and Faber Inc. publiseer ouer boeke oor die kunste, vermaak, musiek, popkultuur ens. Die druknaam se outeurs sluit in David Auburn, Margaret Edson, Doug Wright, Richard Greenberg, Tom Stoppard, David Hare, Neil LaBute, Peter Conrad, Martin Eisenstadt en Courtney Love.
Hill and Wang[3][4] publiseer boeke van akademiese belang en spesialiseer in geskiedenis. Die druknaam se outeurs sluit in Roland Barthes, William Cronon, Langston Hughes en Elie Wiesel.
Sarah Crichton Books publiseer boeke met 'n effense kommersiële geur. Die druknaam se eerste publikasie in 2006 was Cathleen Falsani se The God Factor. Ishmael Beah se A Long Way Gone was 'n topverkoper.[5][6]
North Point Press publiseer literêre nie-fiksie, met die klem op natuurlike geskiedenis, reis, ekologie, musiek en kos. Die outeurs van die druknaam sluit in Peter Matthiessen, Beryl Markham, Guy Davenport, A. J. Liebling, Margaret Visser, Wendell Berry en M. F. K. Fisher.
Scientific American / FSG,[7] waarvan Amanda Moon aan die hoof van staan, publiseer (nie-fiksie) populêre wetenskapboeke en -tydskrifte wat gemik is op die algemene leser. Die outeurs sluit in Jesse Bering, Daniel Chamovitz, Kevin Dutton en Caleb Scharf.
Die druknaam MCD/FSG word beskou as 'n tipe laboratorium vir eksperimentering met nuwe style en genres. Sean McDonald staan aan die hoof van die druknaam met Daphne Durham, voormalige hoof-redaktrise en uitgewer van Amazon Publishing, as uitvoerende direktrise.[8][9]
↑Silverman, Al (2008). The Time of Their Lives: The Golden Age of Great American Book Publishers, Their Editors, and Authors. Truman Talley. ISBN978-0312-35003-1.