Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Fee

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

‘n Fee is ‘n magiese figuur wat slegs in sprokies voorkom. Hulle is meestal goedgesinde mooi vroulike wesentjies en klein van gestalte. Met hul bonatuurlike gawes kan hulle enigiets ten goed of ten kwade laat gebeur. So kom hulle na die wieg van ‘n pasgebore baba en bepaal daardeur die lewenslot van die kind. Feetjies kom vir die eerste keer in die Franse en Provensaalse letterkunde voor waarna hulle deur die folklore van Europa versprei.

Die Broers Grimm (Jacob Ludwig Carl en Wilhelm Carl Grimm) is bekend vir hul versameling van Duitse feëverhale. Hans Christian Andersen (1805-1875) het feëverhale aangepas om lewenslesse oor te dra.

Lees ook

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Ensiklopedie van die Wêreld, deel 4. Stellenbosch: Albertyn-Uitgewers, 1993. ISBN 0-949948-10-1
  • van Reeth, Adelaïde: Ensiklopedie van die mitologie. Kaapstad: Vlaeberg, 1994. ISBN 0-947461-57-4

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Fee
19 views | Status: cached on November 21 2024 02:05:55
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF