Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Fermion

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min


Die elementêre fermione is in die eerste drie kolomme van die Standaardmodel gegroepeer.

’n Fermion is in deeltjiefisika ’n deeltjie met ’n halftallige spin (s=12, s=32, s=52 ens.). In teenstelling daarmee het ’n boson ’n heeltallige spin. Elke elementêre deeltjie van die Standaardmodel kan in een van dié twee groepe ingedeel word. Elementêre fermione is die boustene van materie, terwyl elementêre bosone kragte oorbring tussen die elementêre fermione.

Fermione is genoem na Enrico Fermi. Hulle kan elementêr (onverdeelbaar in kleiner dele) of saamgestel wees. Eersgenoemde kan onderverdeel word in leptone, (byvoorbeeld elektrone en muone) en kwarke (die elementêre boustene van hadrone). Voorbeelde van saamgestelde fermione is alle barione en sommige atome en kerns.

Omdat fermione ’n halftallige spin het, voldoen hulle aan die Uitsluitingsbeginsel van Pauli, waarvolgens twee fermione nie presies dieselfde kwantumgetal kan hê nie. Meer algemeen voldoen hulle aan die Fermi-Dirac-verdeling.

Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Fermion
21 views | Status: cached on July 24 2025 00:19:44
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF