Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Fokus

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

’n Oog fokus wanneer al die ligstrale van ’n punt op die voorwerp op ’n ooreenstemmende punt op die retina val.
’n Beeld wat net gedeeltelik in fokus is. Die grootste deel is in ’n mate uit fokus.

In optika is fokus of brandpunt die punt waar die ligstrale wat van ’n voorwerp af kom, konvergeer of byeenkom wanneer dit deur ’n lens val.[1]

’n Beeld of area is in fokus wanneer lig van verskillende punte van die voorwerp sover moontlik byeenkom op die beeld wat gevorm word, en uit fokus wanneer die ligstrale nie goed gekonvergeer is nie. Die grens tussen dié twee verskynsels word soms die "verstrooingskring" genoem.

Die afstand tussen die lens en die fokus word die brandpunt- of fokusafstand genoem.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Standard Microscopy Terminology". University of Minnesota Characterization Facility website (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2008. Besoek op 21 April 2006.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Fokus
9 views | Status: cached on September 17 2024 05:05:37
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF