Die frontale lobbe[1] of lobi frontales[2] is 'n gebied in die brein van gewerwelde diere (vertebrate).
Die frontale lobbe is aan die voorkant van elke serebrale hemisfeer geleë, wat die brein in linker en regter helftes verdeel. Die pariëtale lobbe lê direk agter die frontale lobbe terwyl die temporale lobbe agter en onder die frontale lobbe lê (kyk beeld). Die frontale lob word deur die groef van Rolando (sulcus centralis) van die pariëtale lob geskei. Tussen die frontale en temporale lobbe is 'n diep vou of inkeping wat die fissura lateralis (fissura Sylvii) genoem word.
Die frontale lob word anatomies en funksioneel verdeel in (van agter na voor): die primêre motoriese korteks, die premotoriese korteks en die prefrontale korteks. Die frontale bliksentrum vir die aanstuur van oogbewegings lê net bo die premotoriese korteks.
Die frontale lobbe speel 'n rol by die begeer van willekeurige (doelgerigte) bewegings. Hulle is ook betrokke by verskeie psigiese funksies, soos impulsbeheer, oordeel, probleemoplossing, beplanning, sosiale gedrag, taal (via die sentrum van Broca) en geheue.
'n Beskadigde frontale lob kan tot die sogenaamde frontale sindroom lei.
Wetenskaplikes het vir etlike jare geglo dat die mens se frontale lobbe relatief groter as die van ander primate is. Hulle het gedink dit is 'n belangrike eienskap van menslike evolusie, en die hoofrede hoekom menslike kognisie van dié van ander primate verskil. Hierdie siening is deur latere navorsing uitgedaag. Magnetiese resonansbeelding is gebruik om die volume van die frontale korteks van die mens en verskeie ape te bepaal. Daar is bevind dat die menslike frontale korteks nie relatief groter as die van ander groot ape is nie, maar wel groter is as die van die kleiner ape.[3]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Frontal lobe. |
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)