Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Fullarton

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min

Fullarton is ‘n afgeleë spoorweghalte in die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap.

Hierdie nedersetting met ‘n enkele winkel lê aan die R337-grondpad wat noordwaarts uitdraai uit die R329-sementpad tussen Willowmore en Steytlerville. Dit is wes van die Timbila-natuurreservaat, by die koördinate 33°10′36″S 23°49′59.8″O / 33.17667°S 23.833278°O / -33.17667; 23.833278 en lê 601 meter bo seespieël.

Twee staalbrûe oor die Grootrivier neem die spoorlyn van hier ooswaarts na Miller en Klipplaat.


Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Fullarton
7 views |
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF