Die Blechtrommel Katz und Maus Hundejahre Im Krebsgang Was gesagt werden muss
Politieke party
Sosiaal-Demokratiese Party
Ouer(s)
Wilhelm Grass Helene Grass, née Knoff
Handtekening
Günter Wilhelm Grass (16 Oktober1927 in Danzig-Langfuhr – 13 April2015 in Lübeck) was 'n Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar. Grass was 'n lid van die literêre Gruppe 47 en word as een van die beduidendste Duitse na-oorlogse skrywers beskou. Sy werk is in 1999 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon.[1]
Günter Grass, die man wat Die bliktrom (1959) geskryf het, het in 1999 die Nobelprys vir letterkunde ontvang. Hy word allerweë as een van Duitsland se grootse skrywers beskou en een van die invloedrykste figure van die 20ste eeu. Sy briljante literêre tegniek en intense sosiale en politieke gewete het Grass ná die Tweede Wêreldoorlog 'n besonder invloedryke figuur in Duitsland gemaak.
Sy eerste roman, Die Blechtrommel (Die bliktrom), is in verskeie tale vertaal en was onmiddellik 'n kommersiële sukses. Sy taalgebruik, ontsaglike woordeskat tesame met sy menslikheid en deernis, het lesers beïndruk. Die bliktrom sal een van die blywende literêre werke van die 20ste eeu bly. Die roman het in 1957, voordat dit nog gepubliseer is, die Gruppe 47-prys gewen. Grass was slegs 32. Die publikasie het gemengde reaksie ontlok en hoewel die roman gekies is vir die jaarlikse Bremenstadsprys, het die plaaslike owerheid dit verwerp weens die uitlokkende inhoud.
Grass het die Buchnerprys vir Hundesjahre (Hondjare, in 1963 gepubliseer) in 1965 ontvang en in 1980 het Volker Schlöndorff se verwerking van Die bliktrom, The Tin Drum, 'n Oscar vir die beste buitelandse film verower.
Günter Grass is van Pools-Duitse afkoms en in 1927 gebore in die Baltiese stad Danzig (Gdansk) waar hy skoolgaan en wat ook die agtergrond vorm vir die Nobelprys-roman.
Hy was lid van die Hitler-jeugbeweging en is deur die weermag opgeroep toe hy 16 was. Hy is gewond en gevange geneem en het 'n tydperk as krygsgevangene deurgebring voordat hy in 1946 deur die Amerikaners vrygelaat is. Hy het vir 'n tydjie as plaasarbeider gewerk voordat hy in 1947 'n vakleerling by 'n klipmesselaar geword het.
Van 1949 af studeer hy beeldhoukuns in Frankfurt am Main en aan die Düsseldorfse Kunstakademie, terwyl hy aan Die bliktrom werk. Hierna bly hy vier jaar in Parys. Hy publiseer 'n bundel surrealistiese gedigte wat hy self illustreer in Die Vorzüge der Windhühner (1956) en volg dit op met 'n reeks groteske toneelstukke in die tydperk van 1956 tot 1957.
Daar word gesê dat Grass die groot nabetragter van die 20ste-eeuse geskiedenis is en Die bliktrom oor kontemporêre geskiedenis besin deur die slagoffers, die verloorders en die leuens waarin mense eens geglo het op te roep. Dit verbreek die bande van realisme wanneer die protagonis, 'n hoogs intelligente driejarige dwerg, Oskar Matzerath, die verhaal jare later vanuit sy hospitaalbed in 'n geestesinrigting vertel. Die dwerg, skynbaar alleen, sien die verraderlike opkoms van die Nazi's.
In die sestigerjare het Grass baie toere onderneem, hoewel hy hom in die Verenigde Koninkryk gevestig het. In daardie jare het hy poësie, dramas en romans gepubliseer. Dit sluit in Hondjare (1963), wat saam met Die bliktrom en Kat en muis die Danzig-trilogie vorm. Namate die sestigerjare vorder, raak hy aktief by politiek, die vredesbeweging en omgewingsbewustheid betrokke. Grass was 'n toegewyde sosiaal-demokraat.
Sy roman Der Butt (Die Worstelaar) beeld die ontwikkeling van die beskawing uit as 'n stryd tussen die man se destruktiewe drome van grootsheid en vroulike bekwaamheid, en is 'n getuienis van Grass se ywer dat rede oor ideologie en fanatisme moet seëvier.
Grass se laaste roman, My eeu, wat 'n deurlopende kommentaar oor die 20ste eeu is, ondersoek die verstrengeling van die wortels van goed en kwaad. In Hondjare, sy modernistiesste roman, lewer hy die volgende kommentaar: "Toe God nog op skool op die hemelse speelterrein was, het die idee by hom ontstaan om die wêreld te skep saam met sy skoolmaat, die talentvolle klein duiwel."
Günter Grass het op 13 April 2015 in Lübeck aan 'n infeksie gesterf.
Butt im Griff. Bronzeplastik in zwei Versionen (bronsbeeldhouwerk in twee weergawes): Butt im Griff I (Butt in rechter Hand), 2,3 Meter Höhe (2,3 m hoog) , fünf Exemplare (vyf eksemplare) (im Skulpturen-Garten des Günter Grass-Hauses in Lübeck, am Gemeindehaus in Behlendorf, vor dem Otto-Pankok-Museum in Gildehaus, vor dem Göttinger Kollegiengebäude, im Hafen von Sønderborg. [Afrikaans: in die beeldetuin van die Günter Grass-huis in Lübeck; by die gemeenskapsentrum in Behlendorf; voor die Otto Pankok-museum in Gildehaus; voor die Göttingen-kollegegebou; by die hawe van Sønderborg]); Butt im Griff II (Butt in linker Hand), 1,3 Meter Höhe (i,3 m hoog), sieben Exemplare (sewe eksemplare)
Zeichnungen und Schreiben. Das bildnerische Werk des Schriftstellers Günter Grass. Band I: Zeichnungen und Texte 1954–1977. Red. von Anselm Dreher. Darmstadt/Neuwied 1982 (Afr.: Tekeninge en skryfwerk. Die visuele werk van die skrywer Günter Grass. Deel I: Tekeninge en tekste 1954–1977. Onder redaksie van Anselm Dreher. Darmstadt/Neuwied 1982
Zeichnungen und Schreiben II. Radierungen und Texte 1972–1982. Red. von Anselm Dreher. Darmstadt/Neuwied 1984. (Afr.: Tekeninge en skryfwerk II. Etse en tekste 1972–1982. Geredigeer deur Anselm Dreher. Darmstadt/Neuwied 1984.)
In Kupfer, auf Stein. Die Radierungen und Lithographien 1972–1986. Göttingen 1986. (Afr.: In koper, op klip. Die etse en litografieë 1972–1986. Göttingen 1986.)
Graphik und Plastik. Bearbeitet von Werner Timm. Regensburg 1987 (Ausstellungskatalog). (Afr.: Grafika en beeldhouwerk. Geredigeer deur Werner Timm. Regensburg 1987 (uitstallingskatalogus).
Hundert Zeichnungen 1955–1987. Ausstellungskatalog der Kunsthalle Kiel. Red. von Jens Christian Jensen. Kiel 1987, ISBN 3-923701-23-3 (Afr.: Honderd tekeninge 1955–1987. Uitstallingskatalogus by die kunsgalery in Kiel. Geredigeer deur Jens Christian Jensen.)
„O Susanna“. Ein Jazzbilderbuch. Blues, Balladen, Spirituals, Jazz. Bilder (Prente): Horst Geldmacher. Deutsche Texte (Duitse teks): Günter Grass. Musikarbeit (Musiek): Herman Wilson. Mit einem Nachwort von (Met 'n nawoord deur) Joachim-Ernst Berendt. Köln und Berlin: Kiepenheuer & Witsch 1959.
mit (met) Pavel Kohout: Briefe über die Grenze (Briewe oor die Grens). Versuch eines Ost-West-Dialogs. 1968
Über das Selbstverständliche. Reden – Aufsätze – Offene Briefe – Kommentare. (Oor die ooglopende. Toesprake - essays - oop briewe - kommentaar.) 1968.
Die Vogelscheuchen. (Die Voëlverskrikkers) Balletlibretto (UA 1970)
Der Bürger und seine Stimme. Reden Aufsätze Kommentare. (Die Burger en sy stem.toesprake, essays en kommentaar). 1974.
Denkzettel. Politische Reden und Aufsätze 1965–1976. (Memoirs. Politiese toesprake en essays: 1965 – 1976) 1978.
Zunge zeigen. Ein Tagebuch in Zeichnungen. (Steek jou tong uit. 'n Dagboek in tekeninge) 1988.
Rede vom Verlust. Über den Niedergang der politischen Kultur im geeinten Deutschland. (Oor verlies. Oor die agteruitgang van politieke kultuur in verenigde Duitsland.) 1992.
Ein Schnäppchen namens DDR. Letzte Reden vorm Glockengeleut. (Laaste toesprake) 1993.
Günter Grass, Ōe Kenzaburō: Gestern vor 50 Jahren. Ein deutsch-japanischer Briefwechsel. 1. Auflage. Steidl Verlag, Göttingen 1995, ISBN 3-88243-386-8, S. 108.
Rede über den Standort. 1997.
Zeit, sich einzumischen. Die Kontroverse um Günter Grass und die Laudatio auf Yasar Kemal in der Paulskirche (1998)
Vom Abenteuer der Aufklärung. Werkstattgespräche mit Harro Zimmermann. 1999.
Günter Grass – Helen Wolff. Briefe 1959–1994. Steidl Verlag, Göttingen 2003, ISBN 3-88243-896-7.
Der Schatten. Hans Christian Andersens Märchen – gesehen von Günter Grass. Steidl Verlag, Göttingen 2004, ISBN 3-86521-050-3.
Uwe Johnson – Anna Grass – Günter Grass. Der Briefwechsel 1961–1984. 2007, ISBN 978-3-518-41935-9.
Feder & Flöte. Geburtstagsständchen Willy Brandt. Dreizehn Gedichte wie StegreifKompositionen. Günter Grass spricht & Horst Geldmacher flötet. Schallplatte. Verlag NBB o. J. [1963]
Günter Grass: Es steht zur Wahl. Rede im Bundestagswahlkampf 1965. Schallplatte. Produktion Hermann Luchterhand Verlag o. J. [1965]
Günter Grass …liest, …in Bremen, …antwortet, …zur Person. CD-ROM. Redaktion Jörg-Dieter Kogel u. Kai Schlüter. Produktion Radio Bremen / Steidl Verlag 1998.
Günter Grass liest „Mein Jahrhundert“. 6 CD. Redaktion Jörg-Dieter Kogel u. Kai Schlüter. Produktion Radio Bremen / Steidl Verlag / Deutsche Grammophon, 1999.
Heinrich Böll, Günter Grass: Reden anlässlich der Verleihung des Nobelpreises für Literatur 1972 und 1999. 2 CD. Redaktion Kai Schlüter. Produktion Radio Bremen/Deutsche Grammophon, 2000. Auch in: Freipass. Forum für Literatur, Bildende Kunst und Politik. Schriften der Günter und Ute Grass Stiftung Bd. 2. Berlin: Ch. Links Verlag 2016. 2 CD-Beilagen.
Günter Grass: „Als ich 32 Jahre alt war, wurde ich berühmt.“ Eine akustische Collage aus Originaltönen. Von Gabriele Intemann, Dorothee Schmitz-Köster u. Walter Weber. Produktion Radio Bremen/Der Audio Verlag, 2001.
Günter Grass, Günter „Baby“ Sommer: Mein Jahrhundert. Eine Text- und Toncollage. 2 CD. Redaktion Jörg-Dieter Kogel. Produktion Radio Bremen / Steidl Verlag, 2001.
Günter Grass, Helene Grass, Stephan Meier: Des Knaben Wunderhorn oder Die andere Wahrheit. Ein literarisch-musikalischer Abend. 2 CD. Produktion Steidl Verlag, 2004.
Günter Grass liest „Ein weites Feld“. 24 CD. Redaktion Jörg-Dieter Kogel, Kai Schlüter u. Harro Zimmermann. Produktion Radio Bremen / Steidl Verlag, 2006.
Günter Grass, Hermann Kant: „Ich mache Sie mitverantwortlich…“. Das Streitgespräch zur DDR-Vergangenheit am 21. März 2010 im Berliner Ensemble. Redaktion Kai Schlüter u. Ralph Schock. Produktion Saarländischer Rundfunk / Radio Bremen, 2010 (SR2 Edition No. 05).
Günter Grass liest „Der Butt“. 24 CD. Redaktion Jörg-Dieter Kogel u. Harro Zimmermann. Produktion Radio Bremen/Steidl Verlag 2011.
Günter Grass: „Ich klage an“. Die Cloppenburger Wahlkampfrede. 14. September 1965. Hg. v. Kai Schlüter. Produktion Radio Bremen/Ch. Links Verlag, 2011.
Günter Grass: Die Wut über den verlorenen Milchpfennig. Eine satirische Wahlkampfrede mit Musik. Hg. v. Kai Schlüter. Koproduktion Radio Bremen/NDR Kultur/Ch. Links Verlag 2017.