Galaktiese filamente (ook genoem superswermkomplekse, groot mure of groot aantrekkers)[1][2] is die grootste bekende strukture in die waarneembare heelal. Hulle is massiewe, stringagtige formasies met ’n tipiese lengte van 50 tot 80 megaparsek wat die grense skep tussen groot leemtes in die heelal.[3] Filamente bestaan uit sterrestelsels wat deur swaartekrag gebind word; dele waar ’n groot aantal stelsels baie na aan mekaar lê (in kosmiese terme) word superswerms genoem.
Die ontdekking van strukture groter as superswerms het in die 1980's begin. In 1987 het die sterrekundige R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii se Sterrekunde-instituut waargeneem wat hy die "Pisces-Cetus-superswermkompleks" genoem het. In 1989 is die Groot Muur ontdek,[4] gevolg deur die Groot Muur van Sloan in 2003.[5] Op 11 Januarie 2013 het navorsers onder leiding van Roger Clowes van die Universiteit van Sentraal-Lancashire die ontdekking aangekondig van ’n groot kwasargroep, die U1.27, wat voorheen ontdekte filamante verdwerg het met sy grootte.[6] In November 2013 het sterrekundiges danksy gammaflitse die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis, ’n moontlike enorme filament, ontdek. As dit bestaan, sal dit meer as 10 miljard ligjare lank wees.[7][8][9]
’n Groot Muur van Centaurus (of Fornax of Virgo) is voorgestel, wat ons eie Virgo-superswerm, ook bekend as die Lokale Superswerm, insluit (wat daarop dui dat dit die "Lokale Groot Muur" sou wees)[17][18]
’n Groot muur is voorgestel om die tuiste van die Groot Aantrekker te wees, met die Norma-sterrestelselswerm as deel daarvan; dit word ook die "Groot Aantrekker-muur" genoem[19]
’n Muur is in 2000 voorgestel wat naby die radiostelsel B3 0003+387 lê[20]
↑R.G.Clowes; "Large Quasar Groups – A Short Review"; 'The New Era of Wide Field Astronomy', ASP Conference Series, Vol. 232.; 2001; Astronomical Society of the Pacific; ISBN 1-58381-065-X ;
Bibcode: 2001ASPC..232..108C
↑Horvath I., Hakkila J., and Bagoly Z.; Hakkila, J.; Bagoly, Z. (2013). "The largest structure of the Universe, defined by Gamma-Ray Bursts". 7th Huntsville Gamma-Ray Burst Symposium, GRB 2013: paper 33 in eConf Proceedings C1304143. 1311: 1104. arXiv:1311.1104. Bibcode:2013arXiv1311.1104H.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑'Astrophysical Journal', Part 1 (0004-637X), vol. 299, 1 Desember 1985, bl. 5-14. "A possible 300 megaparsec filament of clusters of galaxies in Perseus-Pegasus" 12/1985Bibcode: 1985ApJ...299....5B
↑'The Astrophysical Journal Supplement Series', vol. 121, uitg. 2, ble. 445-472. "Photometric Properties of Kiso Ultraviolet-Excess Galaxies in the Lynx-Ursa Major Region" 04/1999Bibcode: 1999ApJS..121..445T
↑'The Astrophysical Journal', vol. 602, uitg. 2, ble. 545-554. The Distribution of Lyα-Emitting Galaxies at z=2.38 02/2004Bibcode: 2004ApJ...602..545P doi:10.1086/381145
↑ 17,017,117,2Unveiling large-scale structures behind the Milky Way. Astronomical Society of the Pacific Conference Series, vol. 67; Proceedings of a workshop at the Observatoire de Paris-Meudon; 18–21 Januarie 1994; San Francisco: Astronomical Society of the Pacific (ASP); c1994; red. Chantal Balkowski en R.C. Kraan-Korteweg, bl. 21 ; Visualization of Nearby Large-Scale Structures ; Fairall, A.P., Paverd, W.R., & Ashley, R.P. ; 1994ASPC...67...21F
↑ 18,018,118,218,3'Astrophysics and Space Science', vol. 230, uitg. 1-2, bl. 225-235 Large-Scale Structures in the Distribution of Galaxies 08/1995Bibcode: 1995Ap&SS.230..225F