Kouwenaar is gebore in Amsterdam, Noord-Holland. Hy was gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n versetsvegter. Die skilder en digter David Kouwenaar (1921–2011) was sy ouer broer.[4] Kouwenaar het vir tydskrifte soos Vrij Nederland,[5] De Waarheid,[5] en Het Vrije Volk gewerk.[6] Gedurende die middel van die 1940's het hy vir die onwettig koerant Parade der Profeten gewerk. Hy is hiervoor gearresteer en gevonnis tot een en 'n half jaar gevangenisstraf.[7] In 1967 is Kouwenaar bekroon met die Martinus Nijhoff-prys vir sy vertaalwerk.[8] In 1970 het hy die P.C. Hooft-prys ontvang. Kouwenaar het later in 1989 die Prijs der Nederlandse Letteren gewen.[9] In 2009 het Kouwenaar die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde se jaarlikse eerbewys ontvang.[8] Sy laaste gepubliseerde werk is op 9 Augustus 2008 op sy vyf-en-tagtigste verjaardag gepubliseer.[8][10]
Kouwenaar is op 4 September 2014 in Amsterdam op 91-jarige ouderdom oorlede.[7]
Franssen, Gaston (2008). Gerrit Kouwenaar en de politiek van het lezen. Vantilt, Nijmegen. ISBN 978-907-750-393-5. Ook verskyn as proefskrif Utrecht.
Sötemann, A.L. (1998). Verzen als leeftocht: over Gerrit Kouwenaar. Historische Uitgeverij, Groningen. ISBN 90-6554-374-0.
Kusters, Wiel (1986). De killer: over poëzie en poëtica van Gerrit Kouwenaar. Querido, Amsterdam. ISBN 90-214-7210-4 en ISBN 90-214-7209-0 (geb.). Ook verskyn as proefskrif (Utrecht, 1986).