From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |

Die Grace-hekke, amptelik die WG Grace Memorial Gates, is twee hekke op die Lord’s Krieketgronde in Londen, Engeland. Hierdie hekke is in 1923 opgerig en is 'n graad II-gelyste monument.[1]
Die hekke is deur die argitek Sir Herbert Baker ontwerp as 'n huldeblyk aan die Engelse krieket-legende W.G. Grace, wat in 1915 oorlede is.[2] Die hekke is van gietyster vervaardig en word deur 'n pilaar van Portland-sandsteen van mekaar geskei. Op die pilaar is gegraveer: "'TO THE MEMORY OF WILLIAM GILBERT GRACE THE GREAT CRICKETER: 1848-1915: THESE GATES WERE ERECTED: THE MCC AND OTHER FRIENDS AND ADMIRERS'."