From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
hAp (Huis vir Afrikaanse Poësie) is in November 2002 in Pretoria gebore. hAp het begin met vers en klank aande in die voortuin en na 7 jaar bestaan hAp vandag uit 'n Poësieteater, Kunsgalery, Boekerij (Biblioteek vir Afrikaans, Nederlands en Engelse Letterkunde, asook 'n afdeling vir "te koop" boeke) en die Mimi Coertse Museum van Afrikaans. hAp beywer hom ten eerste vir die bewaring en ontwikkeling van Afrikaans, en meer spesifiek die Afrikaanse Letterkunde.