Hoërskool Menlopark is 'n openbare Afrikaans-medium sekondêre skool wat in Menlopark, Pretoria, naby Laerskool Menlopark geleë is. Skoliere verwys na hulleself as Parkies. Die skool is in 1963, met 12 klaskamers en 372 leerders in grade 8, 9 en 10 (destyds standerds 6, 7 en 8) begin.[1]
Die skool se skoollied, Excelsa Petamus is in 1965 deur Mnr. J.J. Botha (lirieke) en Dr O.A. van der Stoep (musiek) geskryf.[1] Die eerste strofe van die skoollied lui as volg:
Dawie Bosch (1977), outeur van handboeke oor werkswetgewing, en voormalige hoof- tegniese raadgewer van TECL in Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië en eSwatini
Henning Gericke (1977), middelafstandatleet[1] en sedert 2004 sielkundige motiveerder van die Springbokke[5]
Rudolph Straeuli (1981), voormalige Springbokrugbyspeler en Springbokafrigter
Edward Webb (1984), kenner van toegepaste dierefisiologie en vleiswetenskappe, en hoof van die Department van Vee- en Wildkunde, Universiteit van Pretoria[7]
Menlo se alumni-assosiasie, bekend as "Menlo Alumni", is 2006 gestig. In 2019 word die amptelike MENLOBOND gestig wat verskeie funksies o.a. die alumni insluit.