From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Hubert Lederer Dreyfus (Terre Haute, 15 Oktober 1929 – Berkeley, 22 April 2017) was 'n Amerikaanse filosoof.
Dreyfus was veral bekend vir sy kritiek op kunsmatige intelligensie (KI) en sy werk oor die filosoof Martin Heidegger. Hy studeer aan Harvard en was professor aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley.
In 1998 is aan Dreyfus 'n eredoktorsgraad aan die Erasmus Universiteit in Rotterdam toegeken. In 2003 het Dreyfus die Spinoza-leerstoel aan die Universiteit van Amsterdam beklee.
Dreyfus onderskei vier aannames in KI: die biologiese, die sielkundige, die epistemologiese en die ontologiese aannames. Volgens Dreyfus is hierdie aannames die groot misverstand van navorsers in die KI, maar tog is dit naby aan die idees van mense soos Rodney Brooks.Dreyfus is in 2017 dood op 87-jarige ouderdom.[1][2]
| Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |