James Bond | |
Hoagy Carmichael – soos Ian Fleming sy James Bond gesien het.
| |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | Casino Royale (1953) |
Geskep deur | Ian Fleming |
Uitgebeeld deur | Sean Connery (1962–1967; 1971; 1983) George Lazenby (1969) Roger Moore (1973–1985) Timothy Dalton (1987–1989) Pierce Brosnan (1995–2002) Daniel Craig (2006–hede) |
Inligting | |
Byname | 007 |
Spesie | Mens |
Geslag | Manlik |
Beroep | Spioen |
Getroud met | Tracy Bond-Vincenzo |
Kinders | James Suzuki |
Ander familie | Andrew Bond (vader) Monique Delacroix Bond (moeder) Charmian Bond (tannie) Max Bond (oom) 1 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
James Bond is 'n fiktiewe spioen in die romans van die Britse skrywer Ian Fleming. James Bond is ’n onverskrokke, aantreklike geheime agent vir die Britse regering, met die kodenaam "007". Talle van die Bond-verhale is tot trefferflieks verwerk. Hierdie rolprente wemel van opwindende tonele vol gevaar, mooi vroue en spesiale geheime toerusting om mense aan te val, boodskappe te stuur, ens. Hierdie stories is ook vir TV, radio, strokiesprente en video-speletjies aangepas.[1]
Fleming het die Bond-karakter in twaalf romans en twee verhaalbundels gebruik. Die eerste hiervan heet Casino Royale. Ná Fleming se dood in 1964 het verskeie ander skrywers Bond-boeke gelewer, onder andere Kingsley Amis, Christopher Wood, John Gardner, Raymond Benson, Sebastian Faulks, Jeffery Deaver en Anthony Horowitz.
Fleming se James Bond is 'n spioen met 'n license to kill (mandaat om te dood). Hy werk vir MI6 en rapporteer aan M, die hoof van die agentskap. Moneypenny is M se sekretaresse. Bond is 'n ware heer. As hy hom aan iemand voorstel, sê hy gewoonlik: "The name's Bond, James Bond". Ongeag die dringendheid van die situasie benut hy elke geleentheid om tyd saam met 'n mooi meisie te spandeer.
'n Belangrike element in die meeste Bond-films is die karre, wapens en "gadgets" wat Bond van Q (die kwartiermeester) kry. Die bekendste Bond-motor is die silwergrys Aston Martin DB5, wat sy debuut in Goldfinger gemaak het.
Die akteurs wat die rol van Bond vertolk het:
Die Bond-flieks is:
No. | Naam | Jaar | Akteur |
---|---|---|---|
1 | Dr. No | 1962 | Sean Connery |
2 | From Russia with Love | 1963 | Sean Connery |
3 | Goldfinger | 1964 | Sean Connery |
4 | Thunderball | 1965 | Sean Connery |
5 | You Only Live Twice | 1967 | Sean Connery |
6 | On Her Majesty's Secret Service | 1969 | George Lazenby |
7 | Diamonds are Forever | 1971 | Sean Connery |
8 | Live and Let Die | 1973 | Roger Moore |
9 | The Man with the Golden Gun | 1974 | Roger Moore |
10 | The Spy Who Loved Me | 1977 | Roger Moore |
11 | Moonraker | 1979 | Roger Moore |
12 | For Your Eyes Only | 1981 | Roger Moore |
13 | Never Say Never Again | 1983 | Roger Moore |
14 | Octopussy | 1983 | Roger Moore |
15 | A View to a Kill | 1985 | Roger Moore |
16 | The Living Daylights | 1987 | Timothy Dalton |
17 | Licence to Kill | 1989 | Timothy Dalton |
18 | GoldenEye | 1995 | Pierce Brosnan |
19 | Tomorrow Never Dies | 1997 | Pierce Brosnan |
20 | The World is Not Enough | 1999 | Pierce Brosnan |
21 | Die Another Day | 2002 | Pierce Brosnan |
22 | Casino Royale | 2006 | Daniel Craig |
23 | Quantum of Solace | 2006 | Daniel Craig |
24 | Skyfall | 2012 | Daniel Craig |
25 | Spectre | 2015 | Daniel Craig |
26 | No Time to Die | 2020 | Daniel Craig |