Jean Sibelius (oorspronklike naam Johan Julius Christian Sibelius,8 Desember1865, Hämeenlinna, Finland - 20 September1957, Järvenpää, Finland), was ‘n Finse komponis en violis van die laat-Romantiese- en vroeë-moderne tydperke. Hy is waarskynlik die belangrikste komponis uit Skandinawië. Sy musiek geniet wye erkenning vir die bydra daarvan tot die opbou van Finland se nasionale identiteit tydens die land se stryd om onafhanklikheid van Rusland.
Sibelius het gestudeer aan die Finse Normale Skool, die eerste Finssprekende skool in Russies-geokkupeerde Finland, waar hy bekend geraak het met Finse literatuur, en in besonder met die Kalevala, die mitologiese epog van Finland, wat vir hom 'n konsekwente bron van inspirasie sou bly. (baie van sy simfoniese gedigte soos Pohjola se Dogter [1906] en Luonnotar [1913] put hul inspirasie uit die bron.) Alhoewel dit gemeensaak was dat hy vir 'n regsloopbaan bestem was, het hy gou sy regstudies in Helsinki gestaak en homself geheel en al aan musiek begin wy. Hy het aanvanklik beplan om 'n violis te word. Onder die leidende hand van Martin Wegelius het hy baie kamermusiek en instrumentale musiek gekomponeer. Hy het die naam Jean aangeneem, welke hy voortaan in sy professionele loopbaan sou gebruik. In sy middel twintigs het hy Finland verlaat ten einde sy studies in Berlyn en Wene voort te sit, waar sy dosente die komponiste Robert Fuchs en Karl Goldmark ingesluit het.
By sy terugkeer na Finland het 'n opvoering van Sibelius se eerste grootskaalse werk, die Kullervo Simfonie (1892) ietwat van 'n sensasie geskep. Hierdie werk, en sy opvolgende werke, En Saga (1892), die Karelia musiek, en die Vier Legendes het hom gevestig as een van Finland se voorste komponiste. Die derde van die vier simfoniese gedigte in die Vier Legendes is die bekende Swaan van Tuonela (1893). In 1897, voor die verskyning van sy Simfonie No. 1 in E Mineur (1899), het die Finse senaat toegestem om aan Sibelius 'n klein lewenslange pensioen te laat toekom ter erkenning van sy genialiteit. Sy simfoniese gedig Finlandia is in 1899 geskryf en in 1900 hersien. Sibelius se werke uit die 1890's is dié van 'n nasionalistiese komponis wat werk in die tradisies van die Romantiek. In die eerste dekade van die 20ste eeu was Sibelius oor die hele Europa bekend. Die pianis en komponis Ferruccio Busoni, met wie Sibelius as student in Helsinki 'n vriendskap gesmee het, het sy Simfonie No. 2 in D Majeur (1901) in Berlyngedirigeer, en die Britse komponis Granville Bantock het Sibelius se Simfonie No. 3 in C Majeur (1907) aangevra. Met hierdie werk het Sibelius sy rug gedraai op die nasionalistiese romantiek van sy tweede simfonie asook die Vioolconcerto in D Mineur (1903) en beweeg na die meer ondersoekende en kompromislose styl van En Saga en die Simfonie No. 4 in A Mineur (1911). Na die Eerste Wêreldoorlog het Sibelius van sy grootste werke gepubliseer, te wete die laaste drie simfonieë (No. 5 in E-mol Majeur, No. 6 in D Mineur, en No. 7 in C Majeur) asook die simfoniese gedig Tapiola (1925), maar daarna teruggesak in die langste stilte van sy lewe. Bespiegelinge oor 'n agste simfonie - waarvan die uitvoering in die vroeë 1930's sou plaasvind - en selfs 'n negende simfonie- was ongegrond. Geen manuskripte het Sibelius se dood oorleef nie. Met die 1930's het Sibelius se gewildheid toeggeneem, aangehits deur skrywers soos Cecil Gray en Constant Lambert in Engeland en Olin Downes in die VSA. Ten spyte van 'n reaksie teen sy populariteit in die volgende generasie, het Sibelius sy houvas behou oor die musiekpubliek. Alhoewel Sibelius se inspirasie hoofsaaklik gekoppel is aan die Skandinawiese landskap, is dit nie hoofsaaklik as 'n "digter van die natuur" waarvoor hy onthou word nie. Sy prestasie beide in sy simfoniese gedigte en die sewe simfonieë lê hoofsaaklik in sy merkwaardige bemeestering van vorm. Die eerste beweging van die derde simfonie beskik oor die finaliteit en volwassenheid van konstruksie van bv. Haydn of Mozart se eerste bewegings, tog oortref Sibelius se organiese eenheid en argitektuur selfs hierdie voorafgaande modelle. Dit is in Sibelius se kapasiteit vir organiese groei waarin die geheim van sy genialiteit lê.[1]
Allegretto – Poco allegro – Tranquillo, ma poco a poco ravvivando il tempo all’allegro – Poco largamente – Tempo I – Poco allegro
Tempo andante, ma rubato – Poco allegro – Molto largamente – Andante sostenuto – Andante con moto ed energico – Allegro – Poco largamente – Molto largamente – Andante sostenuto – Andante con moto ed energico – Andante – Pesante
Vivacissimo – Lento e soave – Tempo primo – Lento e soave – (attacca)
Finale: Allegro moderato – Moderato assai – Meno moderato e poco a poco ravvivando il tempo – Tempo I – Largamente e pesante – Poco largamente – Molto largamente
Un pochettino meno adagio – poco affrettando – Vivacissimo – rallentando – Adagio – poco meno lento
Allegro molto moderato – meno moderato – dolce e poco a poco più – Vivace – Presto – poco a poco rallentando – Adagio – Largamente – Affettuoso – Tempo I
Robert Layton, Sibelius, 2de uitg.(1978, heruitgereik 1983), bevat ‘n kort biografie en ‘n gedetailleerde analise van Sibelius se musiek.
Erik Tawaststjerna, Sibelius (1976– ), gebaseer op voorheen ongepubliseerde materiaal, korrespondensie en dagboeke. Dit wil voorkom asof dit die definitiewe studie van die komponis sal bly.