Jelgava (Duits: Mitau) is 'n stad in Letland, en lê in die gebied wat Semgale genoem word, 44 km suidwes van Riga. Tot 1919 was Jelgava bekend onder sy Duitse naam Mitau. Mitau was die hoofstad van Koerland. In teenstelling met die HanseatieseRiga is Mitau se stadsbeeld en argitektuur sterk deur die invloed van Balties-Duitse adellike kultuur gekenmerk. Vandag is Jelgava een van die nege "republiek-stede" van Letland.
Die Kasteel van Jelgava, met uitsig oor die LielupeDie Akademie PetrinaDie deur die Duitsers vernietigde sinagoge in 1941.Sowjet-soldate tydens 'n aanval in Jelgava, in die agtergrond is die toring van die Rooms-Katolieke Kerk (Augustus 1944)
Tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog, was die netjiese breë strate van Mitau (Jelgava) gesoom met die residensiehuise van die in die Koerlandiese Hoofstad woonagtige Baltieseduitse adel. In en na die oorlog is die bousubstansie van die stad amper volkome vernietig. Vandag word Jelgawa se stadsbeeld deur veral geboue uit die Sowjetiese tydperk gekenmerk.
Karl-Otto Schlau: Zur Gründungs- und Verfassungsgeschichte der Stadt Mitau (Jelgava) in Kurland (1265–1795), in: Zeitschrift für Ostforschung 42 (1993), S. 507–562.
Karl-Otto Schlau: Ratslinie der Stadt Mitau in Kurland, 1573–1918. Bürgermeister, Gerichtsvögte, Ratsverwandte, Ratsherren, Stadthäupter, Ratmänner, Stadträte, Stadtschreiber und Stadtsekretäre, Hamburg 2002 (Baltische Ahnen- und Stammtafeln, Sonderheft 27).