From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min
| ||||
| Hoofstad | Huining (1122–1153) Zhongdu (1153–1214) Kaifeng (1214–1233) Caizhou (1233–1234) | |||
| Taal/Tale | Middel-Chinees, Jurgies, Khitan | |||
| Godsdiens | Boeddhisme Taoïsme Konfusianisme Chinese volksreligie | |||
| Regering | Monargie | |||
| Keiser | ||||
| - 1115–1123 | Taizoe (eerste) | |||
| - 1234 | Modi (laaste) | |||
| Historiese tydperk | Middeleeue | |||
| - Stigting deur Taizoe | 28 Januarie 1115 | |||
| - Verowering van Caizhou deur die Mongoolse Ryk | 9 Februarie 1234 | |||
| Oppervlakte | ||||
| - 1126 | 2 300 000 km2 888 035 sq mi | |||
| - 1142 | 3 000 000 km2 1 158 306 sq mi | |||
| Geldeenheid | Chinese munte en banknote | |||
Die Jin-dinastie (ou Afrikaanse spelling: Tsjin; 1115–1234), amptelik die Groot Jin (Chinees: 大金, Dà Jīn), is gestig deur die Wanyan-clan van die Jurge-volk, wat die voorouers van die Mantsjoe-volk was wat sowat 500 jaar later die Qing-dinastie gestig het. Die naam Kin word soms gebruik om dit te onderskei van die vroeëre Jìn-dinastie van China waarvan die naam op dieselfde manier gespel word in die Latynse alfabet.[1] Dit is ook bekend as die Jurgiese Dinastie.
Die Jurgiese stamme is verenig deur die hoofman en later eerste Jin-keiser, Wanyan Aguda (keiser Taizu), wat die Khitans se Liao-dinastie verower het. Tydens die bewind van Aguda se opvolger het die Jin oorlog verklaar teen die Song-dinastie en ’n groot deel van Noord-China verower. Die Song het na suid van die Yangtzerivier gevlug.
Die Jin-dinastie is eindelik verslaan deur die Mongoolse Ryk, wat eers Noord-China en daarna die hele China oorgeneem het.