John Wessels | |
Ampstermyn 1932 – 1936 | |
Monarg | Edward VIII |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jacob de Villiers |
Opgevolg deur | John Stephen Curlewis |
Regter van die Appèlafdeling
| |
Ampstermyn 1923 – 1936 | |
Regter-president van die Transvaalse Provinsiale Afdeling
| |
Ampstermyn 1920 – 1923 | |
Regter van die Transvaalse Hooggeregshof en Transvaalse Provinsiale Afdeling
| |
Ampstermyn 1902 – 1923 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1862 Kaapstad, Kaapkolonie |
Sterf | 6 September 1936 |
Alma mater | Suid-Afrikaanse Kollege Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop Downing College, Cambridge Universiteit van Cambridge |
Sir Johannes Wilhelmus Wessels (1862 – 1936) was die Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is in 1862 in Kaapstad gebore en ontvang sy opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en Cambridge. Hy word in 1886 tot die balie toegelaat en is beskou as 'n besonder bekwame regspraktisyn. Hy verhuis na die Transvaal waar hy hoof van die balie word. Een van die beroemdste sake was die verdediging van die Jameson-invallers in 1896. In 1902 is hy aangestel as regter van die Transvaalse Hooggeregshof. In 1920 word hy Regter-president, in 1923 Appélregter en Hoofregter in 1932. Hy is op 6 September 1936 oorlede. Hy was een van die geleerdste Suid-Afrikaanse regsgeleerdes en skrywer van die beroemde History of Roman Dutch Law en standaard werk oor Kontrakwet.