Josip Broz Tito Јосип Броз Тито | |
Josip Broz Tito in sy militêre uniform | |
1ste President van Joego-Slawië
| |
Ampstermyn 14 Januarie 1953 – 4 Mei 1980 | |
Eerste minister | Homself (1953–63) Petar Stambolić (1963–67) Mika Špiljak (1967–69) Mitja Ribičič (1969–71) Džemal Bijedić (1971–77) Veselin Đuranović (1977–80) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ivan Ribar (as Voorsitter van die Presidentskap van die volksvergadering) |
Opgevolg deur | Lazar Koliševski (as Voorsitter van die Presidentskap van SFR Joego-Slawië) |
22ste Eerste Minister van Joego-Slawië
| |
Ampstermyn 2 November 1944 – 29 Junie 1963 | |
President | Ivan Ribar (1945–53) Homself (1953–63) |
Monarg | Pieter II (1943–45) |
Voorafgegaan deur | Ivan Šubašić |
Opgevolg deur | Petar Stambolić |
1ste Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
| |
Ampstermyn 1 September 1961 – 5 Oktober 1964 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Gamal Abdel Nasser |
1ste Federale minister van Nasionale Verdediging
| |
Ampstermyn 7 Maart 1945 – 14 Januarie 1953 | |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Ivan Gošnjak |
4de President van die Liga van Kommuniste van Joego-Slawië
| |
Ampstermyn Maart 1939 – 4 Mei 1980 | |
Voorafgegaan deur | Milan Gorkić |
Opgevolg deur | Branko Mikulić |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 7 Mei 1892 Kumrovec, Oostenryk-Hongarye (tans Kroasië) |
Sterf | 4 Mei 1980 Ljubljana, Joego-Slawië (tans Slowenië) |
Politieke party | Liga van Kommuniste van Joego-Slawië |
Eggenoot/-note | Pelagija Broz (1919–1939) Herta Haas (1940–1943) Jovanka Broz (1952–1980) |
Kind(ers) | 4 |
Religie | Geen (Ateïsme)[1][2] (vroeër Rooms-Katolieke Kerk)[3] |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Oostenryk-Hongarye Joego-Slawië |
Diens/Tak | Joego-Slawiese Volksweermag |
Jare in diens | 1913–1915 1941–1980 |
Rang | Maarskalk |
Eenheid | Joego-Slawiese Partisane Joego-Slawiese Volksweermag |
Oorloë/Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Russiese Burgeroorlog Spaanse Burgeroorlog Tweede Wêreldoorlog |
Toekennings |
Josip Broz Tito (Serwo-Kroaties: Јосип Броз Тито; 7 Mei 1892 - 4 Mei 1980) was die leier van die Sosialistiese Federale Republiek van Joego-Slawië van 1945 tot sy dood. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Tito die anti-fascistiese versetbeweging, die Joego-Slawiese Partisane, georganiseer. Later was hy ’n stigterslid van Cominform, maar 'n teenstander van die Sowjetunie se invloed (sien Titoïsme), en word hy een van die stigters en voorstanders die Beweging van Onverbonde Lande.
Hy is gebore in Kumrovec, Kroasië, toe deel van Oostenryk-Hongarye, as die sewende kind van Franjo en Marija Broz. Sy pa, Franjo Broz, was ’n Kroaat, terwyl sy ma, Marija, ’n Sloween was.
Hy word opgeroep in die Oostenrykse-Hongaarse Leër en neem deel aan die Eerste Wêreldoorlog. Ná die oorlog het hy aangesluit by die Kommunistiese Party van Joego-Slawië en betrokke geword by die vakbondbeweging. Na Nazi-Duitsland Joego-Slawië tydens die Tweede Wêreldoorlog ingeval het, het Tito die Joego-Slawiese anti-fascistiese versetbeweging gelei, wat bekend gestaan het as die Joego-Slawiese Partisane.
Die Partisane was uiteindelik seëvierend oor beide die Duitsers en die nasionalistiese Serwiese Tsjetniks. Na die oorlog was Joego-Slawië aanvanklik polities 'n bondgenoot van die Sowjetunie, maar in 1948 beëindig Tito sy verhouding met Stalin oor die vraagstuk van ekonomiese onafhanklikheid.
Hy was een van die stigterslede van die Beweging van Onverbonde Lande in 1961, saam met Gamal Nasser van Egipte, Jawaharlal Nehru van Indië, Sukarno van Indonesië, en Kwame Nkrumah van Ghana. Hy sterf in 1980 in Ljubljana, drie dae voor sy 88ste verjaarsdag.
Nadat Josip Broẑ in 1920 teruggekeer het na Joego-Slawië, wat intussen onafhanklik geword het, het hy lid van die Kommunistiese Party geword. Die party is egter kort daarna verbied en hy het toe aan ondergrondse partybedrywighede deelgeneem, wat in 1928 uitgeloop het op 'n vonnis van 5 jaar tronkstraf.
Na sy vrylating in 1934 het Broẑ die naam Tito aangeneem. In dieselfde jaar het hy sekretaris van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party geword en kort daarna sekretaris van die hoogste politieke liggaam, die Polit-buro.
Die Joego-Slawiese Partyleiers was in die middel dertigerjare vir lang tye in Moskou, waar byna al die lede van die Sentrale Komitee tydens die suiwerings van 1937 ver- moor is. Tito het die terreur egter oorleef, en in 1937 het Stalin hom selfs tot hoofsekretaris van die Joego-Slawiese Kommunistiese Party benoem. Die benoeming is eers in 1940 op 'n geheime partykongres bekragtig.
Op 6 April 1941 het die leërs van Duitsland, Italië, Hongarye en Bulgarye Joego-Slawië binnegeval, en kort daarna was die land beset. Die Kommunistiese Partyleiers was onseker oor hoe hulle op die inval moes reageer, aangesien die nie-aanvalsverdrag tussen Duitsland en die Sowjetunie en die Volksfrontpolitiek van die Komintern aktiewe verset teen die Fascisme verbied het.
Toe die Sowjetunie op 22 Junie 1941 self binnegeval is, het die partisanestryd wat Tito wêreldberoemd gemaak het, ontbrand. Onder sy leiding het die partisaneleër in 'n kort tydjie ʼn massabeweging geword. Die beweging het tussen 1941 en 1943 nie veel steun van die Sowjetunie gekry nie; in 1943 het die Westerse Geallieerdes besluit om Tito in plaas van die ander versetorganisasies te steun.
In teenstelling met die ander Oos-Europese lande het Joego-Slawië daarin geslaag om hom grotendeels self van die Duitse Fascisme te bevry. Anders as in die lande het die Sowjetiseringsproses - die vervanging van 'n demokrasie deur 'n Kommunistiese diktatuur baie vinnig verloop; die sosialistiese bondstaat Joego-Slawië het al in Januarie 1946 tot stand gekom.
Agter die skerms het daar egter intussen 'n vertrouenskrisis tussen die Joego-Slawiese en Sowjetleiers ontstaan. In 1948 het dit tot uitbarsting gekom en in Junie is Joego-Slawië uit die Korninform gesit. Tito se onbuigsame houding teenoor Stalin het as voorbeeld gedien vir ander Oos-Europese leiers in hulle stryd teen die Sowjetunie se strewe na oorheersing en leierskap. Wat die internasionale politiek betref, het Tito hom sedert die begin van die vyftigerjare vir die samesnoering van die magte van die onverbonde lande beywer.
Die nasionaliteitsprobleme in sy eie land het hy egter taamlik verwaarloos. Die probleme het teen die einde van die sestigerjare tot ernstige moeilikhede aanleiding gegee. Tito is in 1974 tot lewenslange president van die Joego-Slawiese Kommunistiese Party verkies. Na sy dood op 4 Mei 1980 is die politieke leiding oorgedra aan liggame wat reeds voor sy dood 'n belangrike deel van sy leiding oorgeneem het.
Tito en sy handlangers is verantwoordelik vir die dood van honderdduisende - Rooms-Katolieke, Kroate en Duitse burgerlikes en oorlogsgevangenes.
President Truman:"I am told that Tito murdered more than 400 000 of the opposition in Yugoslavia before he got himself established there as a dictator".[4]