Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Judah Leo Landau

From Wikipedia (Af) - Reading time: 2 min

Judah Leo Landau (before 1906)

Dr. Judah Leo Landau (1866 - 1942) was 'n Suid-Afrikaanse Joodse geleerde. Hy is in 1866 in Galiciƫ, Oostenryk gebore en stam uit 'n familie van geleerdes. Hy het reeds op jeugdige ouderdom begin belang stel in die herlewing van Hebreeus as spreek- en leestaal. Hy studeer aan die Universiteit van Wenen en verwerf in 1898 sy doktersgraad in Filosofie en sluit kort daarna aan by die Sionistiese beweging. Hy arriveer in 1903 in Johannesburg waar hy vir die res van sy lewe woon. Hier word hy hoofrabbi van die Groot Sinagoge en ook professor in Hebreeus aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy beklee ook heelparty ander poste. Hy sterf in 1942.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Judah_Leo_Landau
8 views | Status: cached on November 16 2024 00:36:05
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF