Encyclosphere.org ENCYCLOREADER
  supported by EncyclosphereKSF

Kabbala

From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min


Kabbalaboom van wysheid

Kabbala beteken letterlik "ontvangs". Die kabbala is esoteriese geskrifte wat deur ortodokse Jode as heilig beskou word. Die aanhangers van die geloof glo dat die werke 'n mens nader aan God sal bring en dat die aanhanger bonatuurlike kragte verkry op 'n metafisiese vlak. Die oorsprong van die term kabbala is onbekend, maar daar word geglo dat dit óf deur Solomon ibn Gabirol (1021–1058) óf in die 13de eeu deur Bahya ben Asher begin is. Vandag word die term kabbala gebruik vir die studie van die Joodse esoteriese kennis. Volgens kabbalistiese tradisie was die kennis bekend en is dit mondelings oorgedra deur Joodse filosowe. Dit het uitendelik deel gevorm van die Joodse kultuur en geloof.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Licensed under CC BY-SA 3.0 | Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Kabbala
12 views | Status: cached on August 18 2025 01:47:36
↧ Download this article as ZWI file
Encyclosphere.org EncycloReader is supported by the EncyclosphereKSF