Die term kerkgebou (dikwels kort kerk genoem) verwys in die algemeen na 'n gebou wat deur 'n Christelike gemeenskap vir byeenkomste gebruik word. Die woord is afgelei van die Griekse kyriake (letterlik "dit wat aan die Here behoort") – kerke word gevolglik ook dikwels godshuise genoem. Christelike kerke word saam met die geboue van ander godsdienste ook sakrale geboue genoem.
Die kerkgebou dien as 'n plek van byeenkoms, alhoewel sy godsdienstige betekenis na gelang van die gemeenskap wat dit gebruik, verskil. 'n Aantal Christelike kerke – onder meer die Rooms-Katolieke Kerk – beskou die kerkgebou as 'n besondere plek, wat deur God se teenwoordigheid gekenmerk word. Ander gemeenskappe – byvoorbeeld gereformeerde Christene – beweer dat die teenwoordigheid van God nie afhanklik is van die gebou nie, maar van die gemeente wat in sy naam vergader.
Kerkgeboue word in argitektoniese opsig dikwels deur 'n ryk simboliek gekenmerk. Die boustyl van 'n beperkte tydperk verduidelik dus ook die godsdienstige lewe van dié tyd.
Die vroeë Christene het in afwagting op 'n spoedige letterlike wederkoms van Jesus Christus geleef en die kerkpoorte steeds in oostelike rigting gebou. Met die liturgiese veranderings van die Middeleeue is die rigting verander, en veral die apsis is in oostelike rigting opgerig: die aanbidding van God het destyds in die rigting van die opgaande son, dus die ooste, plaasgevind. Later is min aandag aan die rigting geskenk en die argitektuur het eerder die besonderhede van die plek en die ontwerp gevolg.
Besondere bouvorms:
Kerkargitektuur |
Kerk: Koornis (apsis) | Dwarsskip | Koor | Skip | Vensterkruis | Narthex | Apsiskapel | Wandelgang | Boog | Sybeuk | Kript | Kerktoring | Chevet | Toringspits | Lanterntoring | Doksaal | Kerkplein |
Geboue en monumente: Kerk | Kapittelkerk | Doopkapel | Klooster | Abdy | Basiliek | Kapel | Katedraal | Campanile | Kalvarie |
Argitektoniese elemente: Boog | Gewelf | Kapiteel | Steunbeer | | Suil |
Versierings: Kerkvenster | Roosvenster | Gargouille | Timpaan |
Romaanse argitektuur | Gotiese argitektuur | Middeleeuse godsdienstige argitektuur |