From Wikipedia (Af) - Reading time: 1 min
| Kermadec-eilande Inheemse naam: Kermadec Islands | |
|---|---|
Kaart van die Kermadec-eilande | |
| Geografie
| |
| Ligging | Nieu-Seeland, Oseanië en Stille Oseaan |
| Koördinate | 29°16′S 177°55′O / 29.267°S 177.917°O |
| Argipel | Nieu-Seeland
|
| Oppervlakte | 34 vk km
|
| Administrasie | |
| |
| Demografie | |
| Bevolking | 0
|
Die Kermadec-eilande (Engels: Kermadec Islands) is 'n subtropiese eilandboog in die Suidelike Stille Oseaan, sowat 800 tot 1 000 km noordoos van Nieu-Seeland se Noord-Eiland en ewe ver van Tonga af geleë.
Vandat Nieu-Seeland die eilande op 20 Januarie 1887 geannekseer het, is dit Nieu-Seelandse grondgebied. Die eilande beslaan altesaam 33 km2. Dit word nie meer bewoon nie, buiten die Raoul Island Station, die mees noordelike buitepos van Nieu-Seeland, wat permanent beman word.